Trefferproduksie ‘Vat Hom, Flaffie’ is terug

< Yster (Ferreira Stumke) en Ella (Mariné Botha) geniet mekaar se geselskap.     fOTO: VERSKAF
< Yster (Ferreira Stumke) en Ella (Mariné Botha) geniet mekaar se geselskap. fOTO: VERSKAF

ATKV-PEAAT se jaarlikse komedie is eersdaags op die planke en Baaienaars kan hul gereed maak vir ’n skreeusnaakse en hoogs vermaaklike 2018-produksie.

Vat Hom Flaffie is nie verniet al as ’n boere-klug beskryf nie, want die skrywer, Pieter Fourie, draai nie doekies om wanneer hy heerlik met die mensdom se donker geheimpies en lyflike plesiertjies hekel nie.

Die PEAAT-span blaas egter nuwe lewe in die teks wanneer hul dié trefferproduksie vanaf 25 tot 29 September in The Little Theatre in Belmont Terrace, Port Elizabeth, op-voer.

Hups is ’n man vir wie die jare al aangestap het, maar hy weier om deur die ouderdom aan bande gelê te word. Hy is immers ’n man der manne... Maar sy liewe vrou, Hendrina, kan nie byhou by haar langasemman nie.

Yster ken ook sy storie en is bóbaas onder die sekretaresses terwyl Cindy, ’n sekreta-resse is met slinkse (en opwindende) planne. Tollie, ook ’n vennoot in die maatskappy, is maar al te gretig om by sy seniors te leer.

Jannie, die klerk met die “huppelheupe”, moedig die baas se vrou, Ella, aan om weer haarself te “vind”.

Die afgetrede boer, Hups, met ’n reuseaptyt word deur sy dokter aangepraat om by ’n spa te gaan herstel en ontlaai. Hy smokkel egter eetgoed in en veroorsaak verdere konsternasie wanneer hy honger vroue daarmee probeer lok.

Emercia de Lange, voorsitter van ATKV-PEAAT en bekende op die Baaise verhoë, skuif vanjaar in die regisseurstoel in en meen vanjaar se komedie gaan ’n hoogtepunt op PEAAT se kalender wees.

Kaartjies is teen R90 aanlyn by www.westway.co.za beskikbaar of kan saans by die deure gekoop word. Die vertoning begin saans om 19:30.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
14% - 418 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
24% - 723 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
63% - 1911 votes
Vote
ZAR/USD
15.20
(-0.25)
ZAR/GBP
20.40
(-0.01)
ZAR/EUR
18.42
(-0.06)
ZAR/AUD
11.29
(-0.13)
ZAR/JPY
0.15
(+0.06)
Gold
1835.48
(-0.24)
Silver
24.14
(+0.55)
Platinum
1061.00
(+3.78)
Brent Crude
48.78
(+0.95)
Palladium
2336.01
(+1.71)
All Share
59419.37
(+0.80)
Top 40
54500.04
(+0.61)
Financial 15
11646.83
(+2.17)
Industrial 25
79758.36
(+0.10)
Resource 10
57015.33
(+0.70)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo