
DIE Volkskerk Van Afrika in Schauderville vier eerskomende naweek fees om die kerk se 60ste bestaansjaar te vier.
Die kerk is in 1958 by die Jarman-saal begin en het later ge-skuif na die gebou op die hoek van Highfieldweg en Abblett-straat.
Hierdie Volkskerk is die moe-dergemeente vir wyke in Kuyga, Humansdorp, Hankey, Somerset-Oos, Uitenhage, Despatch en Baviaanskloof.
Tans onder leiding van Ds Louis Jansen vir die afgelope 16 jaar, is die gemeente ongeveer 500 lede sterk, met ’n aktiewe Vroue- bediening, Jeug en Sondagskool.
Die feesvieringe begin Saterdag met ’n optog vanaf die Jarman-saal om 11:00 tot by die kerk vir ’n kort seremonie.
Saterdagaand word ’n “social” by die Jarman-saal aangebied om 18:00.
Sondag sal daar om 09:00 ’n feesdiens met ’n kranslegging by die kerk gehou word.
“Ons verwag baie gaste vanoor die Oos-Kaap en so ver as die Suid-Kaap om hierdie gebeurtenis by te woon. Almal is natuurlik welkom om die verrigtinge by te woon,” het Ds Jansen gesê.
Vir meer inligting oor die feesvieringe, skakel Sidney Holland by 082 214 7779.