Voormalige hoof van ‘Die Burger’ Oos-Kaap stel tweede boek bekend

Johann Botha, skrywer van Koukonap. INLAS:  Omslag van die boek Koukonap .  Foto’s: Verskaf
Johann Botha, skrywer van Koukonap. INLAS: Omslag van die boek Koukonap . Foto’s: Verskaf

’n VOORMALIGE hoof van Die Burger Oos-Kaap, Johann Botha, stel volgende week sy tweede boek, “Op Koukonap” in die Baai bekend.

Volgens Botha gaan die boek oor “gewone mense in die greep van die geskiedenis, geïllustreer deur die lewe op ’n klein dorpie”.

Dit speel af in die 1950s in die Noord-Kaap, waar die samevloeiing van die Vaal- en Oranjerivier Die Neus vorm. Die Vrystaters Lood en Lenie het hulle teësinnig op die rivierdorp kom vestig met hul seun Dries, wat gedurig in sy kano die rivier aan’t verken is, en sy twee broers, Karel en Theunie.

In die gemeenskap wat hulle mettertyd leer ken, is daar Ênie Malmok en Japie Tarentaal van die Breipaal-lokasie. Die Davels oorkant die draad. Dik Dawid Daneel en Mank Manie Wolmarans en neef Boet Viljoen wat doedelsak speel in die kroeg.

Uit hierdie mense vloei verskeie storielyne.

Botha, wat agt jaar gelede as hoof van Die Burger Oos-Kaap in Port Elizabeth afgetree het, het op Douglas in die Noord-Kaap grootgeword. En al het hy in sy loopbaan op verskeie plekke in Suid-Afrika gewoon, is die Noord-Kaap in sy geheue ingeprent.

Kinderjare se herinneringe gee kleur aan sy vertelling.

Botha sê hy kan eerstehands getuig van baie wat die karakters in sy boek ervaar het. “Maar onthou, ek was ’n joernalis, politiek interesseer my. Koukonap eindig in die 1960’s toe die ANC in opstand gekom het en die mense in die strate getoi-toi het, toe Hendrik Verwoerd ’n aanval oorleef het. Selfs al woon jy op Koukonap, is jy nie teen die veranderinge beskerm nie.”

Dan sê hy vinnig: “Die boek is darem nie net erns nie. Daar is ook stou- tigheidjies en humor.” Die rivier is end-uit die tema, simbolies en werklik.

Koukonap is Botha se tweede publi-kasie. Sowat twee dekades gelede is hy met die Eugène Marais-prys bekroon vir sy debuutwerk “Die groot vyf”. Hierin vertel Botha van die politieke oorgang in Suid-Afrika teen die agtergrond van die natuurlewe.

Dié kennis het hy eerstehands opgedoen toe hy bemarkingshoof van Nasionale Parke was.

Botha se loopbaan het ook ander draaie geloop. Met ’n M-graad in Afrikaans van die Universiteit Stellenbosch en ’n PhD van die Universiteit van Kaapstad (UK) het hy Afrikaans-Nederlands aan die UK en die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg) gegee, maar in sy hart is hy ’n joernalis en dit het hy uitgeleef by Die Burger, Die Transvaler en Volksblad.

“Ek was altyd lief vir lees en skryf. Toe beland ek by Die Burger en besef hoe min ek weet. Die subs (taalversorg-ers) was gerekende mense. Jy het gesidder en beef in hul teenwoordigheid. Ek onthou ek het met die sub van markpryse begin. Dit was nietemin ’n heilsame ervaring. Dit het my geleer om feite akkuraat weer te gee, nie hoog-drawend te skryf nie en taal ekonomies te gebruik.”

Botha, wat na homself verwys as “’n verslaggewer wat so bietjie skryf”, ont-wyk die vraag oor wat volgende uit sy rekenaar verwag kan word. Hy sê net: “Ek sal my bes doen om nog boeke te skryf.”

Al vier die Bothas se seuns woon in die buiteland en met die swak rand en duur lewe in Kanada, Australië en Brittanje is kuiers beperk tot “een keer ’n skrikkeljaar”. Tussendeur Skype en WhatsApp oorsee, speel Botha gholf, beoefen fotografie en hou die tuin netjies.

Wanneer daar die geringste kans is, vat hy en sy vrou, Anrie, koers êrens heen, want rondry is sy ander groot liefde.

. Koukonap, uitgegee deur Queillerie, word op 6 September om 18:00 in Exclusive Books in die Walmer-Park-in-kopiesentrum in Port Elizabeth bekend gestel. Die uitgewer Etienne Bloemhof sal met Johann Botha gesels.
– ELRETHA BRITZ

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
37% - 2405 votes
I'll wait to see how others respond
26% - 1734 votes
No, I don't think they need it
37% - 2410 votes
Vote
ZAR/USD
15.09
(-0.16)
ZAR/GBP
21.02
(-0.23)
ZAR/EUR
18.22
(-0.19)
ZAR/AUD
11.62
(-0.25)
ZAR/JPY
0.14
(-0.54)
Gold
1734.50
(+0.02)
Silver
26.67
(+0.05)
Platinum
1186.51
(+0.42)
Brent Crude
64.40
(-2.56)
Palladium
2310.00
(+0.58)
All Share
66138.05
(-1.99)
Top 40
60754.30
(-2.11)
Financial 15
12200.05
(-1.09)
Industrial 25
86144.34
(-0.81)
Resource 10
67459.85
(-4.14)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo