PE Express

Vriendelike Stad-marathon se liefde spoel oor na Retina SA

Chris Carthew van Builders Warehouse, Gail Cillie van Retina SA, en haar dienshond, Thoga, by een van die pryse wat deelnemers in geluktrekkings by die wedloop kan wen.        Foto: GdL Photography
Chris Carthew van Builders Warehouse, Gail Cillie van Retina SA, en haar dienshond, Thoga, by een van die pryse wat deelnemers in geluktrekkings by die wedloop kan wen. Foto: GdL Photography

DIE Burger, Rafi’s Appliances and Mattresses en Builders Warehouse samel Sondag 24 Januarie geld in vir Retina Suid-Afrika, as deel van die Vriendelike Stad-marathon se jaarlikse liefdadigheidsbydrae.

Builders Warehouse speel gasheer vir die Run 4 Retina-liefdadigheidsuitdaging.

Retina SA skep bewustheid oor die duisende Suid-Afrikaanse kinders wat hul sig weens genetiese blindheid verloor.

“Ons hoop dat Port Elizabeth se inwoners Retina SA en ons Vriendelike Stad-marathon sal ondersteun,” het Chris Carthew van Builders Warehouse gesê.

Ongeveer 12 spanne sal op vier trapmeule, geborg deur Viva Gym, in Builders Warehouse stap om te kyk hoe lank hulle kan uithou.

Kingfisher FM en een van hul platejoggies sal vanaf 10:00 tot 13:00 daar wees om spanne en die publiek aan te moedig.

Builders Warehouse skryf ook hul eie span in en daag terselfdertyd atletiekklubs en korporatiewe spanne uit.

Meer oor die items

Merk solank Saterdag 30 Januarie af op jou kalender, want dit is wanneer topatlete Port Elizabeth se strate invaar om hul slag te wys.

Die 2016 Vriendelike Stad-marathon sal oudergewoonte begin en eindig by die Fountain Vineyard-kerkveld agter Builders Warehouse, net soos jy uit Buffelsfonteinweg draai.

Jy kan deelneem aan ’n 42,2 km-marathon vir langafstandatlete, ’n 10 km-wedloop vir atlete wat hul tyd wil verbeter of ’n 5 km- korporatiewe uitdaging en -pretloop.

Deelnemers aan die marathon kan reeds om 05:00 hul plekke inneem, terwyl die 10 km om 06:00 en die 5 km om 07:30 afgesit sal word.

Bederf vir deelnemers

Deelnemers sal bederf word met gelukkige prystrekkings, wat pryse van Rafi’s ter waarde van R15 000, ses paar gehalte-hardloopskoene ter waarde van R10 000 van Adidas en R15 000 se pryse van Builders Warehouse insluit.

Skryf só in

Inskrywingsgelde beloop R100 vir die marathon, R50 vir die 10 km-wedloop en R30 vir die 5 km-korporatiewe uitdaging en -pretloop.

Die tydelike lisensie vir die marathon en 10 km-roete is R30. Marathonatlete van 65 jaar en ouer sal net 50% van die wedloopfooi betaal (R50).

Die eerste 600 deelnemers wat reeds die Vrydagaand voor die wedloop van 17:00 tot 19:00 hul inskrywingsvorms by Rafi’s Appliances and Mattresses gaan afhaal, sal ’n gratis T-hemp ontvang.

Inskrywingsvorms is beskikbaar by Rafi’s Appliances and Mattresses, Builders ­Warehouse, Brian Bands en ander groot sportwinkels.

Vir inligting, besoek www.achilles.co.za en www.theherald.co.za of bel Bob Stedman by 082 900 3556.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As South Africa faces down the third Covid-19 wave, how are you keeping your family safe ?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Staying at home, isolating and being careful
18% - 917 votes
Sanitising and wearing masks when we go out
68% - 3397 votes
Going on as usual, we're not afraid of the virus
14% - 685 votes
Vote
Rand - Dollar
14.14
+0.0%
Rand - Pound
19.95
-0.0%
Rand - Euro
17.20
-0.1%
Rand - Aus dollar
10.97
+0.2%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Gold
1,850.59
+0.4%
Silver
27.62
+0.7%
Palladium
2,905.09
+0.4%
Platinum
1,233.50
+0.3%
Brent Crude
68.71
+2.5%
Top 40
60,746
+0.3%
All Share
66,754
+0.2%
Resource 10
69,528
+0.2%
Industrial 25
83,862
+0.7%
Financial 15
12,576
-0.9%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo