Rubriekskrywer stel tweede boek vry

Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse: Stories oor woorde, mense en aanhou beweeg en geraas maak, is by alle boekwinkels beskikbaar.
Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse: Stories oor woorde, mense en aanhou beweeg en geraas maak, is by alle boekwinkels beskikbaar.

Die joernalis en rubriekskrywer Herman Lategan, wat al vir dekades in Groenpunt woon en in Seepunt grootgeword het, se tweede boek is sopas gepubliseer.

Dit is ’n versameling van sy rubrieke, “Woorde wat wip”, wat tweeweekliks in Rapport verskyn.

Baie van die stories handel oor die mense van Seepunt en omtrekke en die titel is Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse: Stories oor woorde, mense en aanhou beweeg en geraas maak.

“Daar is inskrywings wat direk met woorde en idiome speel, ander wat sosiale kommentaar lewer, sommige is ’n ligte opstuurdery van die status quo, en dan is daar stories oor gewone mense en die kinkels in die kabels van hul lewens,” sê Lategan.

Die idee vir hierdie rubrieke het in 2012 posgevat omdat Rapport weekliks graag iets rondom woorde wou doen, maar dit moes nie lees soos ’n akademiese woordeboekinskrywing nie. Lategan is ­­
ru­imte­ gegee om te doen wat hy wou.

Alhoewel hy in Seepunt grootgeword het, het hy ’n verdere liefde vir Afrikaanse woorde gekry toe hy kleintyd vir skoolvakansies in Lutzville, Namakwaland en Vanwyksdorp, Klein-Karoo op die plase van familielede gaan kuier het. Daar het hy gereeld saans met die plaaswerkers om die vuur gesit en klets.

Hul eiesoortige streekstaal, woordgebruik en sêgoed het ’n diep indruk op hom gemaak en hom laat besef dat woorde en taal nie net aan pedantiese wysneuse wat Afrikaans na motbolle laat ruik, behoort nie.

Hierdie taal ruik ook na roosterkoek, biltong, hout wat brand, paraffien en selfs papsak. Dit is’n taal vir stories wat van ver kom, deur riviere en woestyne, en oor berge en dale. Ook is dit ’n sexy taal – nuut, vars, een wat die biesies laat bewe.

Seepunt met sy eiesoortige karakters het ’n groot invloed op van sy rubrieke. In sy persoonlike lewe is hy ’n lanterfanter en voetslaner in die stegies en agterstrate van
hierdie buurt.

Sy hart lê by die ontheemdes, buitestaanders en aweregse belhamels. Hy is ’n bekroonde skrywerjoernalis wat al nasionaal en internasionaal gepubliseer is.

In sy jongdae het hy onder meer gewerk as ’n druiweplukker, uitsmyter, kelner, sommelier en poskantoorwerker. Hy het oorklankingswerk vir die ou SAUK gedoen, in ’n paar radiodramas opgetree, en het toneelspel en stemwerk onder die akteur Babs Laker, hoof van die Akademie van Dramakuns, gestudeer, asook by die Maas-Phillips College of Speech and Drama.

V Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse: Stories oor woorde, mense en aanhou beweeg en geraas maak, is by alle boekwinkels beskikbaar.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
8% - 857 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1610 votes
Have no interest in spending more money this year?
78% - 8757 votes
Vote
ZAR/USD
15.41
(+0.06)
ZAR/GBP
20.53
(-0.08)
ZAR/EUR
18.25
(+0.28)
ZAR/AUD
11.23
(+0.43)
ZAR/JPY
0.15
(+0.70)
Gold
1836.94
(-1.84)
Silver
23.57
(-2.48)
Platinum
926.76
(-1.62)
Brent Crude
45.19
(0.00)
Palladium
2343.00
(+1.45)
All Share
57147.31
(+0.94)
Top 40
52478.55
(+1.08)
Financial 15
11337.90
(+0.62)
Industrial 25
79917.53
(+1.49)
Resource 10
51771.17
(+0.65)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo