Bestuurders

ONS is almal bestuurders in eie reg. Wat jy maak met jou tyd, jou talente, jou liggaam, by die skool, werkplek, aftreeoord, is deurslaggewend vir jou verhouding met God, jouself en andere. As verantwoordelike landsburgers is ons medeverantwoordelik om die kosbare bronne, water, lug, grond namens God te bestuur. As navolger van Christus het ek die verantwoordelikheid om waar ek leef of werk, of in gesinsverband, waarde toe te voeg tot ander se lewens. Ek is geseën om te seën.

Volgelinge van Christus het die verantwoordelikheid om tot Sy terugkeer na hierdie aarde Hom op elke terrein van die lewe te verteenwoordig. Christene is by wyse van spreke aangestel om om te sien na mekaar en na God se skepping. Dis nogal iets om aan te dink. Jy, as navolger van Christus, verteenwoordig Hom hier op aarde.

In Matteus 24:45-51 praat Jesus oor hoe Sy volgelinge hul roeping as Sy bestuurders of rentmeesters hier op aarde moet uitleef. Hy gebruik die voorbeeld van twee slawe wat verskillend reageer op ’n gelykluidende opdrag, om verantwoordelikheid te neem vir die welsyn van hul mede werkers. Hulle moes die eienaar se huishouding namens hom bestuur.

Daar sou ’n dag kom waar van hulle rekenskap geëis sou word. Niemand hou daarvan om herinner te word dat hulle rekenskap moet gee van hul lewens en werk of tyd en veral geld nie.

Behalwe natuurlik as jy iets het om op trots te wees en jou kant gebring het. Jesus Christus het aan Sy dissipels pas na Sy Hemelvaart die opdrag gegee om dissipels van al die nasies te maak. Hul opdrag was om in woord en daad Jesus se hande en voete en mond in hierdie wêreld te wees. Hiervan sou hulle met Sy terugkeer moes rekenskap gee.

Is ons wat hier lees en navolgers van Christus is, gereed vir daardie dag van rekenskap gee? Jou kinders of kleinkinders is aan jou toevertrou. Hierdie aarde is aan jou toevertrou om namens God op te pas.

Jy is op die Suidkus en hierdie land geplaas vir ’n tyd soos hierdie. Is jy besig om versorgend op te tree teenoor jou medemens, en die omgewing?

Sal jy kan rekenskap gee van wat aan jou toevertrou is?

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
47% - 7923 votes
It's four more years for Trump
53% - 9086 votes
Vote
ZAR/USD
16.27
(-0.38)
ZAR/GBP
21.17
(-0.05)
ZAR/EUR
19.28
(-0.33)
ZAR/AUD
11.57
(-0.10)
ZAR/JPY
0.16
(-0.22)
Gold
1900.28
(+0.12)
Silver
24.22
(-0.85)
Platinum
886.00
(-1.06)
Brent Crude
41.24
(0.00)
Palladium
2359.36
(-0.35)
All Share
55047.40
(-0.53)
Top 40
50413.83
(-0.55)
Financial 15
10644.87
(-1.35)
Industrial 25
74497.92
(-0.54)
Resource 10
52465.33
(-0.18)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo