Die aartskolonialis na wie Sheppie vernoem is

Sir Theophilus Shepstone.
Sir Theophilus Shepstone.

‘n WEEK of wat gelede moes die uwe aan ‘n prokureursmaatskappy in Johannesburg die adres verskaf van ‘n koerier-onderneming waarheen dokumente gestuur moes word. Toe ek sê Port Shepstone kom die vraag vinnig: “Waar’s dit? Naby Port Alfred?”

Hoewel Port Shepstone deesdae ook meer in die kollig is sedert die TV-weervoorspellings die dorp se naam op die weerkaarte aangebring het, is hy beslis nie die bekendste dorp in KZN vir mense in ander dele van die land wat nooit hierheen reis nie. Ewenwel, ek het besef ek weet ook redelik min van die man na wie die dorp, waarna sommige inwoners liefederik as Sheppie verwys, vernoem is. Op skool, jare gelede, het onderwysers ons vertel van Sir Theophilus Shepstone wat ‘n doring in die vlees was van die destydse Boere en groot rol gespeel het in die ontstaan van die Eerste Vryheidsoorlog. Dis al wat ek kon onthou, en het ‘n paar bronne geraadpleeg, onder meer die Encyclopaedia Brittanica.

Weens ‘n gebrek aan ruimte, die volgende kort curriculum vitae: Sir Theophilus Shepstone is op 8 Januarie in Westbury-on-Trym in Gloucestershire in Engeland gebore. Hy was slegs drie jaar oud toe sy gesin na die destydse Kaapkolonie ge-emigreer het. Die jong Theophilus het sy opvoeding in sy pa se sendingskool ontvang, en hy, blykbaar ‘n baie skrander kind, het gou die binnelandse dialekte leer praat, die mense se kultuur leer ken, en was ‘n vlot spreker van Xhosa. Shepstone is op ‘n baie jong ouderdom deur die destydse goewerneur van die Kaapkolonie, Sir Benjamin D’urban, in diens geneem tydens die grens-oorlog van die 1834-35 teen die Xhosas. In 1839 word hy aangestel as “Britse inwoner” van ‘n Xhosagroep in die destyde “Kaffraria”.

Nog nie 30 jaar oud nie, gaan Shepstone in 1845 na Natal, ‘n Britse kolonie, waar hy ‘n ‘diplomatieke agent’ was tot 1853, en tot 1875 die sekretaris van Naturellesake. Dis in hierdie tydperk dat Shepstone sy groot invloed uitgeoefen het: hy het ‘n stelsel ontwikkel om die inheemse bevolking te bestuur, waarop alle soortgelyke Europese administrasies in Afrika later gegrond is. Hy het onder meer geglo dat Swart Afrikane afsonderlik van die blanke setlaars bestuur moes word, en dat die reg tot grondbesit van die inheemse bevolking in sg. reserwes toegelaat en beskerm moes word … ’n beginsel wat in die volgende eeu een van die fondamente van die NP se beleid van apartheid en Afsonderlike Ontwikkeling was. Hy het die grense van hierdie inheemse swart gebiede bepaal, en hieroor met die blanke setlaars gebots omdat hulle meer grond wou hê as wat Shepstone toegelaat het.

Shepstone was baie aktief in streek-regeringsake. Hy het in 1849 ‘n sg. “hutbelasting” ingestel, en die inheemse bevolking regeer met die hulp van leiers wat lojaal aan hom was. In 1868 het hy ‘n opvolger probeer afdwing op die Ndebelestam na koning Mzilikazi se dood in die destydse Suid-Rhodesië, iets waarvoor Mzilikazi se natuurlike opvolger, Lobengula, nie te vinde was nie. Shepstone het met die President van die destyse Zuid-Afrikaanse Republiek, Marthinus Wessel Pretorius, in ‘n stryd betrokke geraak oor die eiendomsreg op grond wat nog nie deur die Europese setlaars beset is nie. Hy was teenwoordig op die kroning-seremonie van die Zoeloe-koning Cetshwayo in 1873, en het met hom oor verskeie sake onderhandel. In dieselfde jaar het Shepstone die aanval gelei op die Hlubi-opperhoof Langalibalele wat geweier het om sy stam se vuurwapens aan die regering te oorhandig. In 1876 het die Britse Minister van Kolonies, Lord Carnarvon, met Shepstone oorleg gepleeg oor die beste manier om ‘n federasie van Brittanje se Suider-Afrikaanse kolonies tot stand te bring. Dit was met hierdie doel voor oë dat Shepstone in 1877 die Zuid-Afrikaansche Boere-Republiek geannekseer het as die Britse Kroonkolonie van Transvaal. Hierdie anneksasie, en sy rol as administrateur van die nuwe kroonkolonie, het gepaard gegaan met ‘n periode van groot onrus, onsekerheid en stryd. Sy kritici hou vol Shepstone was ‘n geheimsinnige en geslepe konkelaar, en ‘n soort “Suider-Afrikaanse Talleyrand” wie se ongekende ambisie allesoorheersend was. Sy intimidasie en misleiding van die Boere, gepaardgaande met sy outokratiese bestuurstyl, het volgens geskiedkrywers grootliks bygedra tot die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog in 1881, ‘n stryd wat die Transvalers gewen het, en die betrekkinge tussen Boer en Brit vir geslagte daarna versuur het. Shepstone het ook ‘n oorlog met die Zoeloes aangemoedig, was saam met die Kommissaris van die Kaapkolonie, Sir Bartle Frere, verantwoordelik vir die ultimatum aan die Zoeloes van Koning Cethswayo in 1878, wat gelei het tot die oorlog van 1879, wat die Britte ook verloor het. Shepstone was van 1880 af Administrateur van Zoeloeland, en het in 1883 afgetree. Hy is in 1893 in Pietermaritzburg oorlede.

Moet name met ‘n koloniale verlede verander word? Nie summier en om emosionele redes nie, nee. Met oorlegpleging en deeglike besinning, ja. As Theophilus Shepstone se aandeel in Suid-Afrika se geskiedenis as maatstaf gebruik word, kan Sheppie gerus ‘n nuwe naam kry. Geen bevolkingsgroep kan daaroor kla nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Until the matric exams are over, my family is:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Self-isolating to ensure we don't miss any exams
13% - 141 votes
Following Covid-19 safety protocols, but still going out like normal
54% - 610 votes
Business as usual, we're not worried about the virus
33% - 377 votes
Vote
ZAR/USD
16.22
(+0.68)
ZAR/GBP
21.02
(+0.61)
ZAR/EUR
18.90
(+1.04)
ZAR/AUD
11.40
(+0.89)
ZAR/JPY
0.16
(+0.87)
Gold
1877.12
(+0.49)
Silver
23.60
(+1.43)
Platinum
846.00
(-0.29)
Brent Crude
38.07
(-3.48)
Palladium
2216.00
(+0.70)
All Share
51684.70
(-0.41)
Top 40
47472.92
(-0.22)
Financial 15
9459.76
(-3.04)
Industrial 25
73405.64
(+1.00)
Resource 10
47245.91
(-1.21)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo