Eensaamheid

IN “The Telegraph” van November 23, 2015 berig Sarah Knapton dat eensaamheid of alleenheid mens nie net op emosionele vlak beïnvloed nie, maar ook fisies.

Eensame of geïsoleerde mense se immuunstelsel word afgetakel en dit lei weer tot verskeie siektetoestande.

Ek wonder hoeveel alleen of eensame mense is daar hier langs die Suidkus? Hoeveel mense gaan werk toe, kom huis toe en het geen sosiale kontak of vriendekring nie? Hoeveel mense trek af na die Suidkus en vind geen sosiale kring nie, nie eens by die kerk nie?

Gemeentes kan ongelukkig funksioneer soos klubs en mense uitsluit, weliswaar nie intensioneel nie.

As u al ooit alleen gevoel het of u is afgesny van mense, dan sal u verstaan wat die melaatse man in Matteus 8:1-4 moes deurmaak. Melaatsheid in Christus se tyd was dikwels ‘n oorkoepelende term vir allerhande soort velsiektes,nie net melaatsheid nie.

Mediese kennis was maar gebrekkig oor die oorsaak van melaatsheid. As jy dalk van ‘n mindere velsiekte gesond geword het, kon jy jou aan die priester gaan wys wat jou rein verklaar.

Melaatses in Jesus se tyd is uitgeskop uit die gemeenskap en moes of tussen die grafte of in grotte gaan woon.

Hulle mag net binne ‘n sekere radius van mense gekom het, en moes dan hul melaatsheid uitroep.

Hulle is verseker van die kerklike gemeenskap afgesluit en kon nie in die kerk van destyds aanbid nie.

Fisiese kontak met melaatses was verbode, want die gevaar was dat jy self aangesteek kon word.

Melaatses is van God en mense vervreem en geïsoleer. Jy is gestigmatiseer. Vandag is daar baie mense wat om ander redes gestigmatiseer word, soos voorkoms, sonde, foute wat hulle gemaak het, velkleur, sosiale klas, inkomste, verstandelike vermoëns, gestremdheid, ensomeer.

Die goeie nuus is dat Christus van jou isolasie weet en vir jou omgee. Sien u hoe Hy nie net die melaatse aanspreek nie, maar aanraak? Hy neem daarmee die melaatse se onreinheid op Hom.

“Word gesond.” Hiermee is die melaatses se verhouding met God, homself en Sy medemense herstel. Jy en ek wat onsself gelowiges noem, is Christus se gevolmagtigdes. Wie moet jy die week gaan aanraak?

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Until the matric exams are over, my family is:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Self-isolating to ensure we don't miss any exams
13% - 140 votes
Following Covid-19 safety protocols, but still going out like normal
54% - 605 votes
Business as usual, we're not worried about the virus
33% - 373 votes
Vote
ZAR/USD
16.22
(+0.68)
ZAR/GBP
21.02
(+0.61)
ZAR/EUR
18.90
(+1.04)
ZAR/AUD
11.40
(+0.89)
ZAR/JPY
0.16
(+0.87)
Gold
1877.12
(+0.49)
Silver
23.60
(+1.43)
Platinum
846.00
(-0.29)
Brent Crude
38.07
(-3.48)
Palladium
2216.00
(+0.70)
All Share
51684.70
(-0.41)
Top 40
47472.92
(-0.22)
Financial 15
9459.76
(-3.04)
Industrial 25
73405.64
(+1.00)
Resource 10
47245.91
(-1.21)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo