‘Geblikte’ leeujag – ‘n skandvlek op Suid-Afrika se naam

Hierdie foto spreek boekdele.
Hierdie foto spreek boekdele.

DIE onlangse voorval in Limpopo toe ‘n tienjarige leeumannetjie wat van kleins af deur sy eienaar grootgemaak is, die man aangeval en waarskynlik sou doodgebyt het as iemand hom nie geskiet het nie, het weer die kollig laat val op die teel van leeus in gevangenisskap.

Dit is ‘n bedryf met ‘n groot skadukant waarvan die gewone Suid-Afrikaner grootliks onbewus.

Daarmee bedoel ek nie dat die betrokke teler by enige duistere bedrywighede betrokke is nie, maar dis ‘n feit dat leeus op die oomblik in die land geteel, grootgemaak en geskiet/geslag word soos beeste. En die rede? Geld, die eeu-oue rede vir so baie euwels.

Die leeubevolking in hul wilde staat in Afrika het die afgelope twee dekades van 30 000 tot 20 000 gedaal. Daarenteen, is daar sowat 8 000 in gevangenisskap op sowat 300 teelplase in Suid-Afrika.

Ongelukkig is daar welgestelde mense, veral Amerikaners, wat ‘n leeu beskou as die gesogste jagtrofee, en wat bereid is om baie geld te bestee om een te skiet. Net so teleurstellend is daar mense in Suid-Afrika wat sorg dat daar aan hierdie jagters se vraag na trofeë voldoen word.

Dis nie onwettig nie, maar die uwe was geskok deur ‘n dokumentêre rolprent, Blood Lions, wat ek onlangs te siene gekry bewus geword het van die onetiese praktyke in die bedryf.

Die rolprent vertel die verhaal van leeus wat hans grootgemaak word, en deur ‘n hele geldmaakproses gaan, voordat hulle in ‘n kamp deur ‘n jagter doodgeskiet word.

Daar is baie mense in die jagbedryf in Suid-Afrika wat meen dis totaal oneties, omdat die hele jagproses gemanipuleer word, maar dit gaan voort. In sekere gevalle word die diere in groot kampe aangehou en die ‘jagter’ moet ‘n afstand te voet aflê om by die dier uit te kom.

Soms is die leeus in klein kampe sodat die ‘jagter’ nie te ver hoef te loop nie, en daar is ‘reservate’ waar die ‘jagter’ bloot sy geweer deur ‘n gat in die omheining druk en die dier doodskiet.

Terloops, die term ‘geblikte’ is afgelei van die Engels ‘canned’, ‘n beskrywing wat tien jaar gelede ontstaan het nadat ‘n organiseerder van so ‘n jag in Amerika, toe alle reëlings vooraf afgehandel was, verklaar het ‘it’s in the can’.

Amerikaners betaal tussen $5 000 en $25 000 per leeu, astroomiese bedrae in rande.

Die skiet van die leeu is dielaaste stadium van die siklus. Die rolprent wys dat klein leeutjies in gevangenisskap binne weke van hul ma’s af weggeneem en met ‘n bottel grootgemaak word.

Dit maak die kleintjies van vroeg af gewoond aan mense, en dit laat die wyfie weer vrugbaar word sodat sy meer gereeld geboorte gee aan kleintjies as normaalweg in ‘n wilde omgewing. Dan is daar die welpie-‘liefkosing’ wat by teelplase aangemoedig word, en waar mense betaal om met klein leeutjies interaksie te hê. Plaaslike toeriste en vanoor die hele wêreld stroom na hierdie ‘leeuplase’, waar hulle foto’s neem en met die leeutjies speel.

Hulle word dikwels onder die indruk gebring dat die leeutjies om die een of ander rede wees gelaat is. Daar is ook vrywilligers, baie van die buiteland, wat kosteloos help met die versorging van die leeutjies omdat hulle dink hulle lewer ‘n bydrae tot natuurbewaring.

Sommige van die vrywilligers betaal vir die ‘voorreg’ om dit te doen. Die plase gebruik die woord reservaat of ‘sanctuary’ om dit waarmee hulle eintlik besig is, te verbloem.

Die derde stadium van hierdie leeus se lewens begin wanneer hulle groei en geleer word om saam met mense te loop. Toeriste betaal dan om op staptoere saam met hierdie leeus te gaan. Wanneer die staptoerstadium later verby is, is hulle reg om geskiet te word.

Die uitvoer van leeubeendere word deur die Suid-Afrikaanse regering toegelaat, en ons is die grootste wettige uitvoerder van leeubene en-geraamtes.

Tussen 2008 en 2015 is permitte uitgereik vir die uitvoer van bykans 5 500 leeugeraamtes, waarvan 98% Laos en Viëtnam toe is, waar dit gebruik word in die plek van tiergeraamtes, wat uiters skaars is, onder meer as ‘n bestanddeel in tradisionele wyn. In 2017 is 800 leeugeraamtes uitgevoer.

Die ergste van alles is, die Beroepsjagtersvereniging van Suid-Afrika het verlede jaar ‘n vroeëre besluit herroep en ‘geblikte’ leeujag erken as ‘n legitieme jagformaat.

Dit het groot teenkanting uitgelok, self binne die jaggemeenskap self, en daar is sprake van ‘n die stigting van ‘n alternatiewe vereniging. Sterk drukgroepe, plaaslik en in die buiteland, werp ook alles in die stryd om die praktyk gestaak te kry.

Ongelukkig, wanneer geld praat, luister mense mense na die geklingel, is hulle doof vir enige ander argument, en verklaar ewe plegtig dis in belang van ‘natuurbewaring’ en die voortbestaan van die spesie.

Dus ‘n verlore stryd.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As a child or as an adult, have you ever been a victim of bullying?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, at school
55% - 4045 votes
Yes, at work
18% - 1300 votes
No, I've never experienced this
27% - 2014 votes
Vote
USD/ZAR
14.32
(+0.5)
GBP/ZAR
19.85
(-0.0)
EUR/ZAR
17.25
(+0.6)
AUD/ZAR
11.07
(+0.2)
JPY/ZAR
0.13
(+0.3)
Gold
1,784.03
(-0.5)
Silver
26.34
(-0.8)
Platinum
1,208.97
(-0.7)
Brent Crude
65.32
(-1.9)
Palladium
2,856.75
(-0.8)
All Share
66,973
(-0.3)
Top 40
61,191
(-0.3)
Financial 15
12,120
(-0.1)
Industrial 25
86,738
(0.0)
Resource 10
68,694
(-0.8)
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo