Gesegdes van Langenhoven

Binnepret
Binnepret

KLA oor die kooi as dit ‘n ander is wat dit vir jou opgemaak het. - C.J. Langenhoven

Daar is geen luiaard wat glad nie wil werk nie. Hy verlang maar net na ‘n ander soort werk as die wat hy nou moet doen. - C.J. Langenhoven

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry. - C.J. Langenhoven

Die luiaard is die enigste man wat van sy slaap sal moet rekenskap gee. - C.J. Langenhoven

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde ‘n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie. - C.J. Langenhoven

Met gehoorsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees. - C.J. Langenhoven

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen die wat die misverstand jou sou gekos het. - C.J. Langenhoven

As sport ons daaglikse plig was, sou ons die werk wat ons nou moet doen byderhand neem vir ons plesier. - C.J. Langenhoven

Die man wat vandag hierdie vak bevlieg en môre daardie wys self dat hy nie weet wat sy roeping is nie. Sy inkomste wys dit ook. - C.J. Langenhoven

Salomo het by ‘n luiaard se akker verbygeloop. Had hy bietjie vertoef dan kon hy gebie het op die vendusie. - C.J. Langenhoven

Hoe swaarder ‘n man aan sy goed gekom het, hoe swaarder bring hy daaraan deur. Swaar-kry: lekkerkry; lekker-kry: swaarkry. - C.J. Langenhoven

Daar is een goeie ding wat ‘n slaaf soms koop wat vir sy baas te duur is. Die goeie ding is rus en die prys is arbeid. - C.J. Langenhoven

Daar is mense wat kan doen wat hulle wil, maar dit is die wat wil doen wat hulle kan. - C.J. Langenhoven

Ek was so besig om kanse te soek dat ek my geleenthede een vir een laat verbyglip het. - C.J. Langenhoven

Die ryk man het mos nie nodig om so suinig te wees nie. Maar hy is nie ‘n ryk man wat suinig geword het nie: hy is ‘n suinige man wat ryk geword het. - C.J. Langenhoven

Help jou swakke mededinger op die bene bly. As hy tot niet gaan, kom daar straks ‘n sterke in sy plek. - C.J. Langenhoven

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus. - C.J. Langenhoven

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk. - C.J. Langenhoven

Welvaart is die dogter van matigheid en die moeder van weelde. - C.J. Langenhoven

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en swaarste is die wat my voete nooit vat. - C.J. Langenhoven

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns nie. - C.J. Langenhoven

Die man wat ek na soek, is nie die wat die minste foute maak nie, maar die wat die meeste foute regmaak. - C.J. Langenhoven

En vêrder die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie. - C.J. Langenhoven

Het die daeraad lief en die dag sal jou liefhê. - C.J. Langenhoven

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal ‘n tyd kom wanneer ‘n baas jou sal laat vroeg opstaan. - C.J. Langenhoven

‘n Man wat oor homself baas is, is nooit die kneg van ‘n ander nie. - C.J. Langenhoven

Dis die flukse perd wat flou word. - C.J. Langenhoven

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As South Africa faces down the third Covid-19 wave, how are you keeping your family safe ?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Staying at home, isolating and being careful
19% - 711 votes
Sanitising and wearing masks when we go out
67% - 2448 votes
Going on as usual, we're not afraid of the virus
14% - 512 votes
Vote
Rand - Dollar
14.16
-0.1%
Rand - Pound
19.95
-0.0%
Rand - Euro
17.18
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.98
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Gold
1,852.43
+0.5%
Silver
27.64
+0.8%
Palladium
2,904.89
+0.4%
Platinum
1,232.50
+0.2%
Brent Crude
68.71
+2.5%
Top 40
60,573
0.0%
All Share
66,598
0.0%
Resource 10
69,386
0.0%
Industrial 25
83,277
0.0%
Financial 15
12,685
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo