Gholf – die wêreld se mees verslawende tydverdryf?

FOTOS: verskafSelfs die Britse koningshuis van die verlede is deur die gholfgogga gebyt.
FOTOS: verskafSelfs die Britse koningshuis van die verlede is deur die gholfgogga gebyt.

HOEWEL die uwe baie daarvan hou om gholfspelers en –toernooie op TV dop te hou, en absoluut verstom is hoe hulle ‘n gholfbal oor groot afstande so akkuraat kan slaan, het ekself nog nooit ‘n gholfstok in my lewe in die rigting van ‘n wit balletjie geswaai nie.

Verlede week het ek hier aan die Suidkus saamgestap met vriende en familielede op die gholfbaan by die Margate-buiteklub vir ‘n ronde van 18 putjies. Dit was nogal ‘n ervaring vir ‘n gholf-ignoramus.

Die geesdrif, die emosie en die gesprekke tussen die spelers was nogal heel vermaaklik en genotvol. Daarna het ons almal verkas na wat algemeen bekend is as die ‘negentiende putjie’ en in die geselskap van ‘n paar biere het ek weereens besef hoe gewild die sport inderwaarheid is.

Dit lyk vir my my as daardie gogga jou eers gebyt het, is dit lewenslank verby. Selfs die spelers wat sukkel om te verbeter, hou nie op nie. Hulle hou net aan want die “siekte” is in hul bloed.

Terug by die huis het ek besluit om te kyk waar hierdie uitsonderlike sportsoort vandaan kom. Daar is geen eenstemmigheid oor die oorsprong nie: sommige bronne sê dit het begin by die Romeinse spel van paganica, waartydens ‘n leerbal wat met wol of vere opgestop is, met ‘n krom stok geslaan is.

Sommige bronne beweer dit het begin toe “mense met ‘n stok ‘n bal geslaan het onderwyl hulle loop,” genaamd chuiwan, tydens die Ming-dinastie (1368-1644) in China. Daar was verskeie ander “stok-en-bal”-sportsoorte oral op aarde, en jare lank is geglo gholf het in Skotland ontstaan.

Nou lyk dit asof die naam daarvandaan kom, maar gegrond is op die Nederlandse woorde “kolve,” die stok, of “kolven,” wat na die spel self verwys. Die Skotse woord “golf” is waarskynlik hiervan afgelei.

Die spel is in verskeie formate in verskillende Europese lande gespeel, maar die eerste gholfklubs het in Engeland en veral Skotland tot stand gekom, onder meer die bekende St. Andrews. Hierna het dit stelselmatig in die Amerikas gewild geword.

Brittanje het die eerste top-spelers in die spel opgelewer, en van die tweede helfte van die 19e eeu tot in die 1920s, het die Amerikaners hul stemme begin dik maak, en die spel oorheers. Die eerste top Amerikaanse spelers was Walter Hagen en Gene Sarazen, later gevolg deur legendes soos Sam Snead, Ben Hogan, Arnold Palmer en Jack Nicklaus. Gholf het in die 1950s en sestigs ‘n wêreldwye fenomeen geword, en met die koms en ontwikkeling van televisie gegroei tot die fantasties-gewilde sport van vandag. Bobby Locke en Gary Player was ons eie vroeë helde, gevolg deur Ernie Els en talle ander in vandag se internasionale toernooie. Wat my nogal verbaas het, is dat gholf vandag nie onder die top tien gewildste internasionale sportsoorte tel nie. Heel voorspelbaar is sokker die gewildste, met 4-biljoen aanhangers wêreldwyd. Tweede is basketbal, wat ek glad nie verwag het nie, derde is krieket, gevolg deur tennis, atletiek, rugby, Formule Een-motorwedrenne, Boks, Yshokkie en vlugbal. Gholf is nommer elf op die lys.

As ‘n tydverdryf waaraan mense aktief deelneem, is die spel egter los voor. Internetbronne sê meer as 60-miljoen mense van verskillende ouderdomme op aarde speel aktief gholf, meer as enige ander sportsoort. Nie net speel hulle die spel nie, maar is op ‘n manier verslaaf daaraan, al speel hulleself nie baie goed nie.

Soos die een familielid verlede week aan my gesê het, sodra jy besef die spel het ‘n “siel” van sy eie, is jy lewenslank ‘n gholf-aanhanger, of erger, ‘n –verslaafde, maak nie saak hoe goed of hoe dikwels jy speel nie. Weens persoonlike en werks-omstandighede kon ek nooit met die sportsoort se “siel” kennis maak nie. Die plesier wat ons groepie op Margate se baan ervaar het, het my egter laat besef iets besonders in die lewe het by my verby gegaan.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
7% - 988 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1878 votes
Have no interest in spending more money this year?
79% - 10539 votes
Vote
ZAR/USD
15.20
(-0.63)
ZAR/GBP
20.32
(-0.45)
ZAR/EUR
18.12
(-0.61)
ZAR/AUD
11.20
(-0.65)
ZAR/JPY
0.15
(-0.78)
Gold
1809.97
(+0.12)
Silver
23.29
(-0.15)
Platinum
963.00
(+0.40)
Brent Crude
48.73
(+1.57)
Palladium
2368.48
(+2.46)
All Share
57923.69
(+0.31)
Top 40
53084.13
(+0.27)
Financial 15
11645.28
(+0.04)
Industrial 25
79993.34
(+0.20)
Resource 10
52790.93
(+0.35)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo