Kersvader se onverwagte geskenk

TOE die uwe moes besluit wat om te skryf vir die laaste uitgawe van die Fever voor Kersfees, was dit moeilik weens die onbeskikbaarheid van sommige nuusmakers en die verkorte spertye van die koerant. Gelukkig is die geheue nog goed, en ek onthou toe ‘n gebeurtenis waarvan ek amper 20 jaar gelede in Atlanta, Georgia, kennis geneem het, en deur minstens tien mense geverifieer is.

Dis ‘n verhaal wat hom in die middel-negentigs in Milwaukee afgespeel het. ‘n Vader Kersfees het, soos duisende ander, in ‘n winkelsentrum gesit en kinders het mekaar op sy skoot afgewissel. ‘n Ouma en haar kleinseun het met hom begin praat, en nadat die kind hom vertel het wat hy graag vir Kersfees wil hê, het die ouma die kind gestuur om iets te gaan koop. Sy wys die Kersvader ‘n foto en vertel hom dis haar kleindogter wat baie siek is met bloedkanker. “Die dokters verwag nie sy gaan langer as Nuwejaarsdag leef nie. Sy is in die hospitaal, en haar hartewens is dat Kersvader haar moet kom besoek. Ek weet dis baie om te vra … maar wil jy dit nie oorweeg nie … asseblief?” vra sy die man in rooi, haar oë vol trane. Die Kersvader … ’n middeljarige man, antwoord dat hy sy bes sal probeer, maar hy kan niks belowe nie. Die ouma laat die naam van die dogtertjie en adres van die hospitaal by hom. Omdat hy so besig was, het hy gewonder wanneer hy die besoek sou kon inpas. Hier teen sewe-uur was dit huistoegaantyd, en toe hy in sy motor klim, neem hy sy besluit, en kies koers hospitaal toe.
“Wat as dit my eie dogter was?” dink hy by homself.

By die hospitaal gaan hy na die betrokke saal waar terminal-siek kinders versorg is. Om die dogtertjie se bed staan daar ‘n groep familielede met strak gesigte wat almal sag met mekaar praat. Toe die dogtertjie, haar naam was Sarah, bleek en uitgeteer, hom sien, skree sy: “Kersvader! Baie dankie … ek is so bly jy is hier!” Die man merk op sy het groot, blou oë, en kaal kolle op haar kop van die chemoterapie. Hy en die kind omhels mekaar, en sy begin aanhoudend gesels. Die familielede, almal met betraande oë, staan nader. Die kind vertel Kersvader sy was baie soet deur die jaar, en sy wil bitter graag ‘n sekere soort pop hê. Die twee gesels aanme-
kaar, en die man vra die kind se ma of hy vir haar kan bid. “Natuurlik!” kom die antwoord, en almal om die bed hou hande vas. “Glo jy in Engele?” vra die man vir Sarah. “O ja, beslis!” “Wel, dan gaan ek vra dat die Engele jou oppas.”

Hy sit toe sy een hand op Sarah se voorkop, maak sy oë toe en bid dat God die kind asseblief moet genees. Hy vra ook dat God sy Engele stuur om haar op te pas. Steeds met toe oë, begin hy sing “Stille Nag, Heilige Nag …” en almal om die bed sing saam. Voor hy loop, sit hy by haar op die bed, neem Sarah­ se hande in syne, en vra haar om hom te kom sien wanneer sy kan, wetende dat hy dit vra van ‘n kind met terminale kanker, maar die minste wat hy kan doen, is om haar die beste geskenk van almal te gee, naamlik hoop. Hy is later stil-stil huis toe nadat Sarah aan die slaap geraak het.

‘n Jaar later sit hy weer in die winkelsentrum in Milwaukee. ‘n Kind kom sit op sy skoot, en vra hom of hy haar onthou. “Natuurlik,” kom die antwoord, want die meeste kinders vra hom dieselfde vraag. “Jy het my verlede jaar in die hospitaal besoek.” Die man was verstom. “Sarah­?” vra hy. Hy het haar nie herken nie. Mooi, gesond, blik hare en rooi wange. Die twee omhels mekaar, terwyl die ma en ouma toekyk.

Die Kersvader besef hy het nog nooit so ‘n Kersfees beleef nie. Sarah was gesond en kankervry. Hy kyk op boontoe, en sê hardop: “Baie dankie Vader vir hierdie baie spesiale Geseënde Kersfees.”

Sarah was gesond en kankervry. Hy kyk op boontoe, en sê hardop: “Baie dankie Vader vir hierdie baie spesiale Geseënde Kersfees

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 4437 votes
Yes, but social media is part of the new reality
46% - 4104 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 457 votes
Vote
USD/ZAR
14.06
+0.1%
GBP/ZAR
19.72
+0.3%
EUR/ZAR
17.13
+0.2%
AUD/ZAR
11.05
+0.2%
JPY/ZAR
0.13
+0.1%
Gold
1,831.32
0.0%
Silver
27.45
0.0%
Palladium
2,929.64
0.0%
Platinum
1,256.50
0.0%
Brent Crude
68.28
+0.3%
Top 40
62,573
+1.4%
All Share
68,520
+1.4%
Resource 10
71,474
+2.1%
Industrial 25
86,856
+0.9%
Financial 15
12,711
+1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo