Kinders van die wind

“RISK,” is ‘n internasionale organisasie wat hulle op noodleniging toespits ten opsigte van “weggooikinders.” Die organisasie skat dat daar in 2016 na berekening 400 000 000 kinders is wat op die strate en in die stede van die wêreld sonder heenkome ronddwaal. Saam met die kategorie van weggooi-kinders is daar ook verwaarloosde kinders.

Dit is kinders wat emosioneel, fisies of op een of ander manier verwaarloos word. Voeg daarby nog die aantal kinders wat gemolesteer word en dis duidelik dat om kind te wees in ons dag nogal ‘n uitdaging is.

Kinders maak reeds een derde van die wêreldbevolking uit - 264-miljoen van daardie kinders verrig onwettig kinderarbeid. Voorwaar kinders van die wind, by wyse van spreke.

Die een wat ons geleer het om kinders te ag, is niemand minder nie as die Here Jesus Christus self. Matteus 19:14 sê: “Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.” Jesus het deernis met kinders gehad. Hy het hulle raakgesien en hulle was in Sy oë volwaardige burgers van die koninkryk van God. Op een plek in die Bybel sê Hy dat as ons een van die kleintjies wat in Hom glo, laat struikel, ons maar net sowel ‘n meulsteun om ons nek kan bind en in die see spring. (Matteus 18:6) Weliswaar was die uitdrukking gemik op die wyse waarop ons mekaar as Sy volgelinge behandel, maar nietemin is die uitspraak ook op kinders gemik.

Dit is tyd dat ons belê in ons kinders. Kinders het liefde, aandag, sorg nodig. Verloor ons vandag ons kinders deur verwaarlosing, misbruik, of wat ookal, verloor ons die volgende geslag volwassenes.

Onthou om wanneer jy hier klaar gelees het vir jou kind of kleinkind te prys en te vertel hoe kosbaar hy of sy vir jou is. Wys dat jy omgee deur hom of haar in die oë te kyk, of te omhels en luister na wat hy of sy sê. Laat die kinders maar tande tel in die geselskap. Sien hulle raak. Het ons soos Jesus deernis met kinders?

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
38% - 3034 votes
I'll wait to see how others respond
26% - 2096 votes
No, I don't think they need it
36% - 2946 votes
Vote
ZAR/USD
15.02
(-0.46)
ZAR/GBP
20.86
(+0.06)
ZAR/EUR
18.05
(+0.06)
ZAR/AUD
11.65
(-0.01)
ZAR/JPY
0.14
(-0.24)
Gold
1720.10
(-0.22)
Silver
26.04
(-1.71)
Platinum
1178.00
(-0.46)
Brent Crude
63.29
(-1.13)
Palladium
2373.00
(+1.21)
All Share
67538.72
(+0.00)
Top 40
62122.82
(+0.03)
Financial 15
12519.49
(+0.51)
Industrial 25
88411.91
(+0.37)
Resource 10
68508.08
(-0.67)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo