Mpenjati se nudistestrand

Die nudiste het hulle ooglopend nie aan die versoek gesteur nie, en die afgelope Kers-seisoen was die strand vol kaalbasse.
Die nudiste het hulle ooglopend nie aan die versoek gesteur nie, en die afgelope Kers-seisoen was die strand vol kaalbasse.

IETS wat vir die uwe nogal verbasend was, was die spoed waarmee ‘n proses deurgevoer is om ‘n nudistestrand in die Mpenjati-natuurreservaat deur te voer. Moontlik het dit iets te doen met die korrekte prosesse wat die Hibiskuskus-munisipaliteit gevolg het nadat die versoek van die nasionale naturisme-organisasie ontvang is. Die munisipaliteit en sy amptenare het hulle huiswerk goed gedoen, vergaderings met belangegroepe gehou en die voorgeskrewe prosesse in die munisipale raad gevolg voordat die toestemming gegee is.

Die hoof-motivering van die munisipaliteit was dat dit elkeen se grondwetlike reg is om ‘n besondere lewenstyl te volg, mits dit nie die landswette oortree nie of inbreuk op die regte van ander nie. Op die vergaderings met lede van die gemeenskap was die oorgrote meerderheid nie gekant teen die strand nie, gegrond op hierdie oorweging, hoewel daar was ook heftige teenkanting daarteen was, gegrond op morele en godsdiens-beginsels. ‘n Belangrike motivering vir die ja-stem, wat op die vergadering by verre in die meerderheid was, was die verwagte “ekonomiese inspuiting” wat die gebied sou kry wanneer die strand gevestig is en selfs die dollar-belaaide oorsese kaalbasse hierheen kom. Om die waarheid te sê, dit was strategies baie slim van die munisipaliteit om die toestemming te gee, want dit sou die enigste wettige nudistestrand in die land wees (Sandy Bay in die Kaap is nie wettig nie).
As gevolg van die redelike omstredenheid daarvan, het dit groot media-belangstelling gewek, en die Hibiskuskus “op die map” geplaas. Uit ‘n toerisme-oogpunt is hierdie publisiteit goud werd. Dit word op toerisme- en ander byeenkomste, ook elders in Suid-Afrika, goed benut om die kollig op die Hibiskuskus te laat skyn. Reg so.

Ongelukkig het daar iewers langs die pad bollie in die drinkwater geval. ‘n Drukgroep wat homself die “Groep van Besorgde Inwoners” noem en bestaan uit verskillende geestelike en gemeenskapsleiers was effens stadig uit die wegspringblokke. Toe die groep, gelei deur die indrukwekkende Eerwaarde Mike Effanga, egter eers aan die gang kom, het hulle die vestiging van die strand op onder meer morele en godsdienstige beginsels, sterk teengestaan. Beswaar is by die openbare beskermer en die provinsiale regering aangeteken, en die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake het per brief beslis dat die strand nie benut kan word, en munisipale kennisgewings verwyder moet word, totdat die nodige veranderings aan die betrokke munisipale verordenings aangebring is nie. In reaksie hierop het die munisipaliteit beslis die nudiste sal nie vervolg word nie, maar hulle gevra om nie die strand te gebruik voordat die wysigings aangebring is nie.

Die nudiste het hulle ooglopend nie aan die versoek gesteur nie, en die afgelope Kers-seisoen was die strand vol kaalbasse. Op navraag het die nasionale nudiste-organisasie se woordvoerder verklaar hulle sien geen rede om ‘n ‘ou tradisie’ te staak nie, ten spyte van die munisipaliteit se versoek, iets waaroor eerwaarde Effanga en sy drukgroep woedend is. Hulle hou vol die strand is, ingevolge die beslissing van die provinsiale regering, onwettig, en die munisipaliteit is net so skuldig soos die nudiste omdat hy niks doen nie. Hoewel die munisipale woordvoerder Simon April sê die munisipaliteit wil nie die provinsiale beslissing “interpreteer” nie, is dit ooglopend dat die HCM met ‘n groot tameletjie sit. Jy hoef nie ‘n Einstein te wees om te besef die strand is inderwaarheid ontwettig nie. Daarbenewens gaan die aanpassing van die verordening nog geruime tyd duur, want sekere prosedures moet gevolg word, wat met die samesmelting van die Hibiskuskus en Izingolweni vanjaar, verder vertraag gaan word. Omdat die nudiste wil nie saamspeel nie, het Eerwaarde Effanga en sy groep genoeg grofgeskut om groot probleme te veroorsaak. Hy het reeds opvolgbriewe aan die Openbare Beskermer en die Provinsiale regering oor die saak gestuur. Gaan die provinsiale regering ook anderpad kyk?

Hoe sal lank die “onwettigheid” verdra kan word indien die anti-groep sy druk volhou? Daar is ook geen versekering dat die verordening wel uiteindelik verander sal word nie. En hoe lank gaan dit duur voor ‘n beslissing? Daarbenewens vererger die nudiste se onversetlike houding die munisipalteit se kopseer. Goeie publisiteit, ja. Maar wat nou?

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
13% - 110 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
24% - 197 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
63% - 515 votes
Vote
ZAR/USD
15.25
(-0.09)
ZAR/GBP
20.29
(-0.13)
ZAR/EUR
18.23
(-0.10)
ZAR/AUD
11.25
(-0.23)
ZAR/JPY
0.15
(-0.04)
Gold
1787.51
(+0.09)
Silver
22.67
(+0.11)
Platinum
965.22
(+0.30)
Brent Crude
48.27
(+0.96)
Palladium
2413.01
(+0.60)
All Share
57822.50
(-0.17)
Top 40
53021.58
(-0.12)
Financial 15
11577.71
(-0.58)
Industrial 25
79894.95
(-0.12)
Resource 10
52804.55
(+0.03)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo