Omgee sonder grense

EEN van die groot morele en kulturele brandpunte die vorige eeu was dié van rasse-identiteit. Dit lyk of die hele kwessie in ons land tans weer op die voorgrond is. Die wêreld het hul rug gekeer op die uitwissing van miljoene Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog. Apartheid was ‘n vloekwoord in internasionale kringe, en is afgeskaf. Baie het verander en tog het baie dieselfde gebly. Die uitdaging bly steeds om alle mense met respek te behandel, ongegag hul kleur, ras of voorkoms. Matteus 15:21-28 speel hom af in ‘n konteks waarin daar spanning was tussen Jode en nie-Jode.

Jesus bevind Hom in die gebiede van Tirus en Sidon, heidense gebied. As mens die verhaal lees sien jy dat ‘n Kanaänitiese vrou Jesus nader om haar dogter te help wat in die mag van die Bose was. Aanvanklik wys Jesus haar versoek af, en sê dat die verlore skape van Israel voorrang geniet in Sy bediening. Die redding van die wêreld sou eers deur Israel loop.

Hierdie vrou volhard egter in haar versoek al is die deur na God toe skynbaar vir haar toegesluit. Hierdie verhaal sou die Jode tot stilstand geruk het. Jesus is bereid om Sy sending te wysig ter wille van een enkele heidense vrou se smeekbede. Hy gee ag op haar noodkreet, al sou Hy eers later Sy dissipels die wêrld instuur. Hier sien ons iets van God se omgee wat nie grense ken nie. Wanneer Jesus dan uit die dood opstaan, stuur Hy Sy volgelinge om sy deernis en reddende genade aan die hele wêreld te verkondig.

God se kinders kan nie anders as hulle Here maak nie. In ‘n land waar rasse spanning hier en daar neig om hand uit te ruk, sal hulle moet demonstreer dat hulle anders is. Hulle deernis is die van die Gekruisigde wat alle mense met waardigheid, begrip en respek behandel het, deur na hulle noodkrete te luister. Sal ons in die dae waar rassespanning weer kop uitsteek, bereid wees om ten spyte van mensgemaakte grense, na ander stemme te luister as die van ons eie, en omgee soos Jesus Christus?

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 6812 votes
It's four more years for Trump
54% - 7923 votes
Vote
ZAR/USD
16.19
(+0.81)
ZAR/GBP
21.20
(+1.15)
ZAR/EUR
19.15
(+1.10)
ZAR/AUD
11.53
(+0.66)
ZAR/JPY
0.15
(+1.01)
Gold
1903.91
(-0.91)
Silver
24.71
(-0.98)
Platinum
885.00
(+0.23)
Brent Crude
42.06
(-3.35)
Palladium
2382.50
(-0.08)
All Share
54796.42
(-0.99)
Top 40
50276.84
(-1.23)
Financial 15
10376.28
(+2.34)
Industrial 25
74130.97
(-0.60)
Resource 10
52819.20
(-2.99)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo