Plek vir Hom in jou Kersfees?

Hawelose mense, swerwers, alleenlopers, gee dit enige naam. Die verskynsel van haweloosheid is in ons gemeenskap hier aan die Suidkus van KZN, is iets wat mens in die Kerstyd opval. Dalk is dit die vakansiegangers met bonusgeld wat diesulkes trek of dalk die warmer klimaat.

In Lukas 2:7 word daar melding gemaak van ’n groot samedromming van mense in Bethlehem in Judea. Die gebeure speel af teen die agtergrond van ’n groot staatsensus. In daardie tyd was die herberge en gastehuise vol. Jy kon nêrens plek kry nie. Dit was ook die tyd vir Jesus Christus, die Redder van die wêreld om gebore te word. Daardie eerste Kersfees sit die Jesuskind en Sy ouers op straat, want, so sê Lukas se evangelie: “Daar was vir hulle geen plek in die herberg nie.”

Mens sou dit kon afmaak as swak beplanning aan Josef en Maria, Sy aardse ouers se kant af. Jy sou jou skouers kon optrek en reken dat dit nou maar is hoe dinge in die lewe is. Daar is die sterkes en die swakkes.

Tog lê Lukas, die skrywer van die verhaal, baie klem op die omstandighede waarin die Verlosser van die wêreld gebore is, in ’n stal en in ’n krip. Dit alles dui op ontbering, onteiening, ontmensliking. Hy het arm geword sodat die wat in Hom glo, ryk kan word. Hy sou verag en deur die mense verstoot wees, het die profete van ouds reeds eeue daarvoor voorspel. Die evangelie van Lukas gee meer aandag as die ander evangeliste aan uitsprake waar God se barmhartigheid blyk. Lukas is sensitief vir mense op wie daar in die samelewing neergesien is, die minderbevoorregtes.

Die geboorteverhaal van Jesus in Lukas spel dit uit. Jesus is weggewys. Iemand het hieroor geskryf dat dit die donker kant van Kersfees is. God kom op so ’n manier na ons toe dat ons Hom kan wegwys.

Wat met Jesus gebeur het, was simbolies van Sy hele bediening. Uiteindelik was daar net vir Hom plek aan die kruis. Dalk is daar plek vir Hom in jou lewe hierdie Kersfees? Dalk, ook dalk net, kan jy Hom ook herken in die haweloses op straat?

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 4148 votes
Yes, but social media is part of the new reality
46% - 3837 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 414 votes
Vote
USD/ZAR
14.05
0.0%
GBP/ZAR
19.67
0.0%
EUR/ZAR
17.10
0.0%
AUD/ZAR
11.03
0.0%
JPY/ZAR
0.13
0.0%
Gold
1,831.32
0.0%
Silver
27.45
0.0%
Palladium
2,929.64
0.0%
Platinum
1,256.50
0.0%
Brent Crude
68.28
+0.3%
Top 40
62,573
+1.4%
All Share
68,520
+1.4%
Resource 10
71,474
+2.1%
Industrial 25
86,856
+0.9%
Financial 15
12,711
+1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo