‘The World’: Die uniekste seevaartuig ter wêreld?

Voorverlede week sit die uwe saam met familielede by ‘n eetplek en sien hoe een van hierdie moderne, groot passasierskepe ‘n ent die see in by ons verbyvaar onderweg na Durban. Onwillekeurig wens jy, veral as jy nog nooit ‘n bootreis meegemaak het nie, dat jou dag nog sal kom.

Ewenwel, ons het verder gekuier en huis toe vertrek. Die familie is intussen terug Gauteng toe, en die nuwe jaar se aktiwiteite het begin. Net toe ek begin wonder waaroor ek vandeesweek gaan skryf, sien ek op Facebook foto’s van die skip, met die naam ‘The World’, daar geplaas deur Sarel van der Merwe, beter bekend as die slangvanger van die Suidkus. Sarel het by die foto’s geskryf die boot word besit deur ‘n groep skatryk mense, en die meeste van hulle bly op die skip. Van die eienaars is Madonna en Arnold Schwarzenegger. Tydens ‘n telefoon-oproep het Sarel my meegedeel hy het ‘n Kenko Pro ‘Field 80A Spotting Scope’ en sy selfoon gebruik, en my toestemming gegee om die foto’s te plaas.

‘The World’ is inderwaarheid ‘n merkwaardige vaartuig. Maritieme bronne verskaf fassinerende inligting oor die vaartuig. Dit het die enigste volgrootte tennisbaan ter see, ‘n spa van 7,000 vierkante meter, ‘n fiksheidsentrum, ‘n wynversameling van meer as 12 000 bottels, het teen verlede jaar meer as 1 600 hawens besoek, en amper een miljoen seemyle afgelê. Dit word gebruik om die eienaars/aandeelhouers op unieke ekspedisies te neem na van die mees afgeleë plekke op aarde. Geeneen van die suites op die twaalfdek-vaartuig is te huur nie. Elkeen van die 165 luukse woon-eenhede aan boord, wat wissel tussen $4-miljoen vir ‘n ‘kleiner’ eenheid, tot $20-miljoen dollar vir die drie-slaapkamereenhede, word besit deur mense met bates van minstens $10- tot $15-miljoen. Dis die minimum. Indien jy nie een van die aandeelhouers is nie, kan net ‘n persoonlike uitnodiging jou aan boord kry.

Die vaartuig is in 2002 gebou, en aanvanklik is beplan om een van die dekke vir reisigers beskikbaar te stel, maar dinge het anders uitgewerk. Dit het toe die enigste residensiële toerskip ter wêreld geword. Alle eienaars is aandeelhouers, en stem elke jaar oor alles, van die skip se roetes vir die jaar, tot die soort brandstof wat gebruik word en die Kersfees-versierings. Een van die skip se woordvoerders, wat self op die vaartuig woon, sê alle aandeelhouers is baie suksesvol in hul onderskeie gebiede: Regsgeleerdes, geneeshere, argitekte, entrepreneurs, olie-magnate en alle soorte miljardêrs. Hulle het ook wonings op ander plekke, private stralers en ander luukshede, en van hulle is bekende kunsversamelaars.

Die meeste van hulle bestee net beperkte tye van die jaar op die boot. Nog ‘n woordvoerder het dit beklemtoon dat iemand soos Oprah Winfrey waarskynlik nie as aandeelhouer toegelaat sal word nie. “Ons wil nie paparazzi hier hê nie. Hierdie boot is ‘n skuilplek en ‘n toevlugsoord. Jy sal ook nie uitvind wie anders hier bly nie. Alles word baie vertroulik behandel.”

‘n Jaar gelede was daar 142 families wat die skip periodiek as tuiste gebruik het, en almal is deur ‘n streng keuringproses voordat hulle hulle geld kon neersit. In daardie stadium was sowat die helfte van hulle Amerikaans, 45 Europees en, baie verrassend, sowat 20 Suid-Afrikaans. Kry ek die geur van Stellenbosch? Die gemiddelde ouderdom van die aandeelhouers is 64 jaar. Die passassiers bestee ‘n gemiddeld van ses maande op die boot, wat in die Bahamas geregistreer is, en Kersfees is die vaartuig vol mense want familielede en gaste word aan boord genooi. Hoewel die boot 600 passassiers kan huisves, is daar die meeste van die tyd net sowat 300 aan boord. Die

konsep het intussen so gewild geword dat daar ‘n soortgelyke skip in aanbou is wat teen 2021 voltooi sal wees, en presies dieselfde diens as ‘The World’ sal lewer. Ons lewe inderdaad in ‘n wêreld van uiterstes: Waar daar saam met wydverspreide armoede en hongersnood, ‘n klein groepie mense is wat in absolute luuksheid lewe.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 4435 votes
Yes, but social media is part of the new reality
46% - 4104 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 457 votes
Vote
USD/ZAR
14.06
+0.1%
GBP/ZAR
19.72
+0.3%
EUR/ZAR
17.13
+0.2%
AUD/ZAR
11.05
+0.2%
JPY/ZAR
0.13
+0.1%
Gold
1,831.32
0.0%
Silver
27.45
0.0%
Palladium
2,929.64
0.0%
Platinum
1,256.50
0.0%
Brent Crude
68.28
+0.3%
Top 40
62,573
+1.4%
All Share
68,520
+1.4%
Resource 10
71,474
+2.1%
Industrial 25
86,856
+0.9%
Financial 15
12,711
+1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo