Twyfel oor munisipale verkiesings verdwyn

  Photo:
Photo:

NOU dat die Grondwethof beslis het dat vanjaar se munisipale verkiesings sal voortgaan soos beplan, is alle twyfel uit die weg geruim of dit wel sou gebeur. Daar was groot bekommernis in politieke en regeringskringe want die Verkiesingshof het vroeër vanjaar beslis die tussenverkiesing in Tlokwe kon nie voortgaan nie omdat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) nie voldoen het aan ‘n vroeëre uitspraak van die Grondwethof oor die saak nie. Onafhanklike kandidate is gelyk gegee dat talle mense se adresse nie op die kieserslys was nie, dat hulle in ander kiesafdelings sou kon stem as waar hulle geregistreer is, en die tussenverkiesings dus kon manipuleer.

Die OVK het die grondwet gevra om ‘n dringende beslissing oor die saak, aangesien honderdduisende kiesers dwarsoor die land se adresse nie op die kieserslys is nie.

Die Grondwethof se uitspraak was inderdaad pragmaties, want dit sou ‘n ramp wees indien verkiesings uitgestel moes word totdat die adreskwessie uitgesorteer is. Daarom het Hoofregter Mogoeng Mogoeng toegegee daar is ernstige defekte op die kieserslys, en die OVK 18 maande gegee om die adresprobleem op te los.

“Dis ‘n buitengewone saak hierdie,” het hy verklaar, “dit vra ‘n buitengewone oplossing om ‘n grondwetlike krisis wat verreikende gevolge vir ons demokrasie sal hê, te voorkom.”

Die OVK het hierdie uitspraak verwelkom, dit bestempel as “Salomo se wysheid”, en onderneem om die adres-tameletjie sou gou moontlik op te los.

Die munisipale verkiesings sal dus nou op 3 Augustus gehou word, soos deur die regering afgekondig. Die termyn van die huidige munisipale rade het op 18 Mei geëindig, en soos die Grondwet bepaal, moet die verkiesing tussen 18 Mei en 16 Augustus gehou word. Die uwe het ‘n bietjie navorsing gedoen onder die mense in ons deel van die wêreld, en dit was nogal insiggewend om kennis te neem van hoe oningelig kiesers is oor die munisipale stelsel in Suid-Afrika. Baie van hulle weet nie wat die verskil is tussen ‘n plaaslike munisipaliteit en ‘n distriksmunisipaliteit nie. Of wat ‘n metropilitaanse munisipaliteit is nie.

Die metropolitaanse of kortweg metro-munisipaliteite funksioneer in die groot stede. Die plaaslike munisipaliteite bestuur dorpe en hul omliggende landelike gebiede, en distriksmunisipaliteite koördineer groepe plaaslike munisipaliteite in ‘n streek. Plaaslike munisipaliteite is verantwoordelik vir basiese dienslewering, onder meer vullisverwydering, pad- en straatlig- en sypaadjie-onderhouding. Plaaslike munisipaliteite se basiese inkomste kom uit eiendomsbelasting, en in sommige gevalle, elektrisiteitsvoorsiening.

Distriksmunisipaliteite se bron van inkomste is water- en sanitasiediensvoorsiening.

Munisipale rade word elke vyf jaar verkies, en die rade van metropolitaanse en plaaslike munisipaliteite word bepaal deur ‘n stelsel van proporsionele verteenwoordiging. Die rade van distriksmunisipaliteite gedeeltelik ingevolge proporsionele verteenwoordiging, en gedeeltelik deur kandidate wat deur plaaslike munisipaliteite aangewys word.

Daarom sal kiesers in die komende verkiesings drie stembriefies kry - een om te stem vir ‘n wykskandidaat, een om te stem vir ‘n party in die raad van ‘n plaaslike munisipaliteit, en een om te stem vir die raad van die distriksmunisipaliteit (indien hulle in ‘n plaaslike munisipale munisipaliteit woon).

Die meeste munisipale rade word bestuur deur ‘n uitvoerende komitee, ‘n verkose uitvoerende burgemeester en ‘n munisipale bestuurder.

Nader aan 3 Augustus, bring ons u nog wetenswaardige verkiesingsnuus.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 6021 votes
It's four more years for Trump
54% - 7103 votes
Vote
ZAR/USD
16.29
(+0.98)
ZAR/GBP
21.33
(-0.09)
ZAR/EUR
19.31
(+0.81)
ZAR/AUD
11.57
(+0.23)
ZAR/JPY
0.16
(+0.19)
Gold
1923.40
(+0.70)
Silver
25.09
(+1.47)
Platinum
891.00
(+2.35)
Brent Crude
43.05
(+1.28)
Palladium
2411.50
(+0.92)
All Share
55252.25
(-0.04)
Top 40
50809.20
(-0.08)
Financial 15
10058.75
(+1.03)
Industrial 25
74747.58
(-1.08)
Resource 10
54210.41
(+0.79)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo