Wouter se Watergat

WEES gegroet al ons getroue lesers ... dis reeds laat, maar liewer laat as nooit: mag julle nuwe jaar vol voorspoed, gesondheid en ander goeie dinge wees. En mag al die negatiewe nonsens soos “he ... he ... he ... Nkandla”, wat verseker gaan voortleef, totdat iemand in die ANC die “delete” knoppie druk, verdwyn. Daar is genoeg van hulle wat dit kan en wil doen. Die gepaste oomblik moet net aanbreek. Die ANC het net een “suicide bomber” nodig, en poef!

Sedert ons vorige rubriek, was hier baie besoekers. Baie tevrede met die weer wat hulle ervaar het, maar talle baie ongelukkig oor die Suidkues-diens, in die algemeen by restaurante en in supermarkte. Nog ‘n ontevredenheid was oor pryse wat skielik die hoogte ingeskiet het. Een besoeker, wat voor die skoolvakansie reeds hier was, het sy weeklikse botteltjie Skotse water by ‘n bekende kettinghandelaar in Shelly Beach gaan koop. Twee keer teen R126.50, maar die derde keer, net toe die skoolvakansie begin, lui die masjien R129.50, hoewel die pryskaartjie op die rak nog R126.50 aandui. Toe hy navraag doen, het hulle allerhande verduidelikings en verskonings, maar ooglopend het die bestuur besluit van ‘n sekere datum af, wanneer die besoekers hier is, verhoog ons die pryse met drie rand. Iemand het net vergeet om die pryskaartjie by die produk te verander. Wanneer die besoekers almal terug huis toe is, word die prys weer R126.50. Dis nie net drankwinkels nie. Supermarkte en restaurante doen dieselfde. Alles goed en wel om te skep wanneer dit reën, maar moenie vergeet van julle plaaslike klante wat ingedoen word nie. Ons weet wie julle is.

Dinsdagmiddag sit ons op die balkon en gesels oor dieselfde onderwerp, toe Oom Willie van der Westhuizen vertel van sy ervaring in die apteek van een van die groot kettingwinkels. In Roodepoort is Oom Willie gewoond daaraan dat die diens flink en vinnig is.

“Al is daar baie mense, is daar genoeg ervare en gekwalifiseerde personeel aan diens om dinge glad te laat verloop. Jy wag jou beurt af, maar jy weet die proses word nie vertraag nie. Ek was tweede in die voorskrif-ry. Net een van die rekenaars was beman, oftewel bevrou. “Vyftien minute later was daar nog geen beweging nie. By die rekenaar, voor in die tou, was daar ‘n ma en haar babadogter wat probeer medisyne kry het, en besig was om vorms in te vul. Ad nauseam. Agter die rekenaar was daar ‘n jong vrou wat met ‘n benoude uitdrukking in haar oë aanhoudend op die rekenaaar getik het. Oor en oor. Ooglopend weens ‘n probleem met die mediese fonds.” Oom Willie vra waarom kry sy nie hulp nie? Of help ‘n kollega haar nie?

“Toe ek 20 minute na my aankoms besluit om te loop, was daar 10 mense agter my, met nog geen vordering in die tou nie.”

Klink dit bekend?

Sy afskeidstorie het gehandel oor die blommeverkoopster wat ‘n man vra of hy nie blomme wil koop vir die vrou vir wie hy lief is nie.

“Dit sal nie reg wees nie, nee dankie,” antwoord hy. “Maar waarom nie?” “Omdat ek ‘n getroude man is.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 4083 votes
Yes, but social media is part of the new reality
46% - 3775 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 404 votes
Vote
USD/ZAR
14.08
-0.9%
GBP/ZAR
19.69
-0.3%
EUR/ZAR
17.11
-0.2%
AUD/ZAR
11.05
-0.2%
JPY/ZAR
0.13
-0.5%
Gold
1,831.27
+0.9%
Silver
27.37
+0.2%
Palladium
2,901.46
-1.7%
Platinum
1,248.50
-0.6%
Brent Crude
68.09
-1.3%
Top 40
62,573
+1.4%
All Share
68,520
+1.4%
Resource 10
71,474
+2.1%
Industrial 25
86,856
+0.9%
Financial 15
12,711
+1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo