Wouter se Watergat


AL waaroor ons besoekers die afgelope week kon praat, is die ras-bekgeveg wat die jongste tyd onder Suid-Afrikaners kop uitgesteek het. Feitlik elke klant het net ‘n rukkie gesit, en sodra die eerste drankie afgelewer is, het hulle in daardie rigting begin praat. In ‘n watergat waar daar ander invloede is wat denke en redenasie beïnvloed, is onderwerpe soos hierdie altyd problematies, want sterk gevoelens wat oor ‘n ernstige saak verskil, veroorsaak plofbare situasies. Ek het meesal net gesit en luister, en wat ek gehoor het, vertel my dat ons in hierdie land op pad afgrond toe is indien die rassegroepe mekaar nie vind nie.

Ongelukkig is stereotipes aan albei kante besig om die agenda te bepaal, omdat hulle toegelaat word om dit te doen. Natuurlik kom rassisme nie net van die een kant af nie, maar dit help niks wanneer rassisme met rassisme beveg word nie.

Rapport het dit Sondag só in sy hoof-artikel verwoord, en instede daarvan om die wiel te herontdek, herhaal ek dit: “Ons kan ook opwellings van haat ervaar in reaksie teenoor die swart mense wat vir vergelding teen alle wit mense vra, en in die versoeking staan om hul rassisme (ja, daar is iets soos swart rassisme) met haat en nog rassisme te beveg.

Of ons kan kies om ‘n klein bydrae te maak om die vele probleme van hierdie land op te los, en nie aandadig te wees aan die opsweep van gemoedere nie. Ons kan kies om seker te maak ons saak met ons naaste, wit en swart, is reg. Ons kan kies om haat met begrip en liefde te beveg. Ons kan kies om die soort sobere, meelewende, opbouende Suid-Afrikaners te wees waaraan dit die afgelope week gelyk het asof hierdie ‘n nypende tekort ervaar.”

Dit geld natuurlik alle Suid-Afrikaners, swart en wit, en beteken nie dat bg. verval indien die ander kant nie dieselfde houding openbaar nie. Deursettingsvermoë en verdraagsaamheid gaan van kardinale belang wees. Dit sluit natuurlik die minderheid blankes wat oortuig is swartwees is minderwaardig en die blankedom is deur F.W. de Klerk uitverkoop, uit. Ook die minderheid swartes wat alle blankes die see in wil jaag as gevolg van die verlede. Hierdie groepe is die stereotipes wat geen rol te speel het in die oplossing van die probleem nie, hul eie politieke agendas najaag en doelbewus rasse-spanning aanblaas.

Wat dinge erg bemoeilik, is die sosiale media. Veral Facebook en Twitter. Enigiemand kan in ‘n oomblik van swakheid iets kwytraak wat soos ‘n veldbrand versprei, en dan help verskonings niks. Dis waarom gesoute joernaliste die sosiale media as euwels beskou, omdat hulle op alle vlakke van die samelewing deur malkoppe gebruik kan word vir watter doel ookal, sonder dat daar moderators is om ooglopende haatspraak of ander onaanvaarbare stellings te keer. Vryheid van spraak beteken nie daar is geen grense nie.

Ewenwel, genoeg swaarwigtigheid. Oom Pottie het pas teruggekeer na ‘n vakansiebesoek aan sy dogter in Germiston. Hy het sy gewoontedraai by Ellispark gaan maak om die Goue Leeus se personeel te gaan groet.

“Kevin was nie daar nie, maar ek het ‘n boodskap gelos namens die paar ondersteuners hier aan die kus. Ek kan nie wag dat die seisoen begin nie,” was sy kommentaar onderwyl hy sy hande op mekaar vryf. Ek kon net sug, want niemand weet wat om vanjaar van die Sharks te verwag nie.

Die storie van die week kom van ds. Ben Booysen van Mpumalanga wat hier vakansie gehou het. ‘n Mede-dominee aanvaar ‘n uitnodiging van ‘n gemeentelid om by haar te gaan eet.

Toe hy aansit, sien hy die borde en eetgerei is nie van die skoonste nie. So diplomaties moontlik vra hy wanneer laas die borde gewas is.

“Dominee,” antwoord sy, “hulle is so skoon as wat seep en water dit kan kry.”

Die kos is baie smaaklik, en hy komplimenteer haar.

Toe die ete verby is, dek sy af, dra die skottelgoed agterdeur toe, gee ‘n harde fluit en roep: “Kom Water, kom Seep.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 6183 votes
Yes, but social media is part of the new reality
45% - 5662 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 658 votes
Vote
Rand - Dollar
14.08
+0.4%
Rand - Pound
19.77
+0.4%
Rand - Euro
17.02
+0.2%
Rand - Aus dollar
10.89
+0.3%
Rand - Yen
0.13
+0.2%
Gold
1,826.57
+0.6%
Silver
27.04
+0.2%
Palladium
2,883.96
+0.8%
Platinum
1,210.07
-0.3%
Brent Crude
69.32
+1.1%
Top 40
60,211
-2.1%
All Share
66,169
-1.9%
Resource 10
69,474
-3.1%
Industrial 25
82,513
-1.5%
Financial 15
12,499
-1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo