Wouter se Watergat

BROER Adam en vroulief Klara van Kokstad het verlede naweek by ons kom kuier en sommer ons besending vleis saamgebring. Ek bestel gewoonlik ‘n dag voor die tyd by ‘n slaghuis daar, en Oom Pottie of ek ry dan deur om dit te gaan haal.

Hierdie keer was ons gelukkig en Adam het ons die moeite gespaar. Waarom ons vleis op Kokstad koop? Eenvoudig omdat dit daar goedkoper is, maar belangriker, die gehalte is onverbeterlik. Bowenal, soos broer Adam sê, “Daardie Kaapse snobs wat brag met hulle Karoo-lam weet nie waarvan hulle praat nie.

Wanneer jy eers aan Kokstad-lam gewoond is, smaak Karoolam na stofbossie.”

Hier op die Suidkus is daar enkele winkels wat beweer hulle verkoop Kokstad-vleis, maar jy weet nooit. Die enigste manier is om dit self daar te gaan haal.

Die hoof-besprekingspunt in die Watergat vandeesweek was rassisme. Rassisme, rassisme en nogmaals rassisme. Die oorwoë mening by ons besoekers was dat niemand die bestaan van rassisme ontken nie, dat albei kante hulle daaraan skuldig maak, maar dat die manne van die regering te ver gaan.

Hoe op aarde kan dit rassisties wees om op ‘n plakkaat te sê “Zuma must fall”, wanneer die EFF met 23 parlementslede en volgelinge van honderdduisende swart mense presies dieselfde sê, somtyds in baie sterker taal?

Om watter rede is dit rassisties indien ‘n blanke Afrikaanssprekende by ‘n foto van Paul Kruger afgeneem word, en is almal wat die destydse president die nodige eer betoon, en hul gesinne rassiste?

Oom Paul het ook maar lekker droog gemaak, vra die ouens wat hul geskiedenis ken, maar hy kan nie in iemand se wildste drome met apartheid of kolonialisme verbind word nie. Trouens, hy was seker een van die grootste slagoffers van kolonialisme.

Dis betreurenswaardig dat die regerende party op hierdie deperate strategie besluit het om politieke punte vir die komende verkiesing aan te teken, want dit befoeter versoening, en dryf wit en swart verder uitmekaar.

Ek wil voorspel dit gaan nie werk nie, want in swart geledere is daar talle wat die taktiek herken vir wat dit is. Dis net jammer dit doen intussen groot skade aan menseverhoudings, gaan kyk maar na die kommentaar op die sosiale media.

Aan albei kante. Dit maak mens bang.

Op besoek hier by ons was Renier Rautenbach van Durbanville en sy vrou Alta. Hulle is kranige gholfspelers, en het ‘n week hier deurgebring om elke baan in die omgewing te beproef.

Weens CemAir se gereelde vlugte was dit maklik om hier uit te kom. Renier is ‘n afgetrede Wes-Kaapse staatsamptenaar, en ons gesprek oor rassisme het hom aan ‘n storie laat dink wat hy lank gelede gehoor het.

Dis in ‘n Sondagskoolklassie op die Kaapse vlakte: “Klas, wietie bytjies en die blommetjies gemaak?” Klas: “Dissie jirre … looooof en prys Hom.” “En wietie grassies en die wolkies en die reën gemaak?” Klas: “Dis die jirre … looof en prys Hom!” “En klas, wietie sonde, rassisme, die dorings ennie vuilgoed en al daarie lelike dinge gemaak?” Klas: “Dissie duiwel … en f*****k hom.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 5360 votes
Yes, but social media is part of the new reality
45% - 4941 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 562 votes
Vote
Rand - Dollar
14.00
+0.3%
Rand - Pound
19.79
+0.2%
Rand - Euro
17.03
+0.0%
Rand - Aus dollar
10.98
+0.2%
Rand - Yen
0.13
+0.1%
Gold
1,832.26
-0.2%
Silver
27.44
+0.5%
Palladium
2,943.73
-0.6%
Platinum
1,235.90
-1.2%
Brent Crude
68.32
+0.1%
Top 40
61,463
-1.5%
All Share
67,408
-1.4%
Resource 10
70,964
-1.6%
Industrial 25
84,239
-1.7%
Financial 15
12,674
-0.5%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo