South Coast Fever

Wouter se Watergat

SJOE, maar dit darem lekker warm die afgelope tyd. Ek het nie tot hierdie besef gekom deur na ‘n termometer te kyk nie, maar bloot deur die Watergat se bier-voorraad dop te hou. Wanneer ons drie keer per week voorraad moet aankoop pleks van een of twee keer, dan weet ons dis vrek warm.

Ewenwel, as die Watergat ‘n barometer is van gevoelens en menings in ons gemeenskap, is daar geen twyfel dat daar onder die oppervlak ‘n onvergenoegdheid is met die huidige politieke klimaat wat dreig om tot uitbarsting te kom nie. Ek het dit reeds voorheen genoem. Ongelukkig bly dit nie by gesprekke tussen mense nie, maar word die sosiale media gebruik om die vure te stook. Ek is somtyds verstom oor die uitlatings van mense wat van beter behoort te weet.

‘n Onverantwoordelike individu van die een kant sê iets kwetsend en onmiddellik kom daar heftige rassistiese teenreaksie, gevolg deur ‘n woorde-oorlog. Hoe ons hierdie siklus gaan breek, weet nugter, maar die vet weet, ons sal moet probeer. Wat my die meeste ontstel van gesprekke hier in die Watergat, is mense wat ewe vroom verklaar hulle is nie rassiste nie, en dan dinge sê wat die teendeel bewys met die “ja maar”-inleiding. Ek praat nou spesifiek van blankes, want die Watergat kry relatief min besoekers van die ander bevolkingsgroepe, hoewel ek aanvaar dieselfde tendens is by hulle teenwoordig.

Om dinge verder te befoeter, maak die regerende party dinge alhoe moeiliker. Waarom is daar ‘n ras-probleem indien Mmusi Maimane of selfs Julius Malema leierskap-lesse by F.W. de Klerk kry? Wat gaan nog as rassisties verklaar word voordat ons by die munisipale verkiesing uitkom?

Elke individu, ongeag hoe sterk sy of haar politieke oortuigings is, moet die sosiale media doelbewus meer verantwoordelik gebruik. Dis ‘n magtige inligtings-netwerk wat onmeetbare skade kan aanrig. Die verskoning is gewoonlik “maar dis die waarheid”. Die meeste deurwinterde joernaliste verpes die sosiale media, want elke Jan Rap en sy maat skryf wat hy of sy wil, of versprei berigte of mal menings, sonder dat vasgestel word of dit wel die waarheid is of wat die ander kant se mening is.

Onmeetbare skade word aangerig want daar is nie ‘n ‘hekwagter’ wat modereer nie. Vra maar vir Penny Sparrow. Sy was soos ‘n kleuter wat haar pa se rewolwer in die hande gekry en haarself in die voet geskiet het. Dis nie die wapen se skuld nie, maar die mens wat dit hanteer.

Nietemin … kom ons sluit soos gewoonlik af met iets snaaks. ‘n Welgestelde sosiale vlinder is op ‘n inkopietog. Haar selfoon lui en ‘n hospitaal-woordvoerder vertel haar haar man was in ‘n ernstige motorongeluk. Sy besluit om eers haar inkopies af te handel, en ry na die hospitaal. Daar verneem sy van die hoof-matrone haar man is verlam, in groot pyn en het deurentyd gevra na haar. “Waar was jy? Skaam jou.” Die vrou is verslae en begin huil. “Toemaar, toemaar,” paai die matrone, “ek het sommer gespeel. Hy is netnou oorlede. Wys my wat het jy gekoop.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As South Africa faces down the third Covid-19 wave, how are you keeping your family safe ?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Staying at home, isolating and being careful
4% - 1452 votes
Sanitising and wearing masks when we go out
14% - 5678 votes
Going on as usual, we're not afraid of the virus
83% - 33924 votes
Vote
Rand - Dollar
14.01
+0.6%
Rand - Pound
19.87
+0.3%
Rand - Euro
17.12
+0.1%
Rand - Aus dollar
10.91
+0.4%
Rand - Yen
0.13
+0.4%
Gold
1,869.91
+0.2%
Silver
28.19
+0.0%
Palladium
2,907.50
+0.2%
Platinum
1,222.00
-1.8%
Brent Crude
69.46
+1.1%
Top 40
61,190
-0.0%
All Share
67,255
+0.1%
Resource 10
70,784
+0.2%
Industrial 25
83,774
-0.3%
Financial 15
12,689
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo