Wouter se Watergat

OOM Pottie en ek het pas teruggekeer van ‘n besoek aan sy suster in Germiston, en ‘n vinnige drie dae in die Kruger-wildtuin. Dit was ‘n vinnige besluit van my om weer siele-lafenis in die Bosveld te kry.

Die rit heen en weer in Oom Pottie se 1984-Toyota Cressida drieliter, ‘n motor wat hy perfek oppas en onderhou, was nogal ‘n belewenis. Mense het die ryding kom staan en bewonder, tot groot plesier van die eienaar … wie se plesier onmiddellik verdwyn het wanneer die bewonderaar die motor teen ‘n belaglike prys wou koop.

Ons het heelwat diere gesien, maar die blywende indruk was die droogte. Daar was plek-plek goeie reën, maar daar is groot stukke aarde waarop alles staan en verskroei, en geen natuurlike water oor het nie.

Verder het ek en Pottie lekker gekuier, behalwe wanneer hy liries begin raak het wanneer ons Leeus gesien het...natuurlik om my as ‘n Sharks-ondersteuner te irriteer. Nadat ek hom lank genoeg geïgnoreer het, het die lofliedere opgehou.

Op die Satara-kampterrein het ons met verskeie vriendelike mense wat baie lief is vir die natuur, ‘n wildehond uit die bos uit gekuier. ‘n Eiendoms-ontwikkelaar van Johannesburg, Jurie Terblanche, het ons vertel van ‘n jagtog so 25 jaar gelede. Hy was nie by nie, maar het wel die video gesien.

Karooboere onderweg na die wildtuin, het eers‘mix’ en rookgoed op ‘n dorpie gaan soek, en deur ‘n stuk jagkonsessiegrond naby die wildtuin gery. By ‘n droeë rivierbedding het hulle op drie leeus afgekom. Die geneesheer onder hulle het sy videokamera uitgehaal, en begin afneem.

Skielik kom daar ‘n man van agter hulle kombi op sy fiets aangery. Hy het wit North Star-tekkies aan met sy pet agterstevoor op sy kop, en ‘n sonbril. Sy groot blink lawaai- masjien met ‘n lang lugdraad het ook nuwe batterye, hy is op ‘full volume’ en haastig.

Hulle probeer keer maar die man sien dan hy is op kamera. Hy staan regop in die saal en laat wiel met mening. Skielik is hy tussen die leeus. In die middel van die pad le ‘n wyfie op haar rug, die vlieë pla haar, sy lê en kap na hulle, en haar stert lê reguit in die pad.

Die man ry oor die wyfie se stert, en vat die oorkantste wal soos ‘n “scrambler” met wit merke op die grond soos sy agterband “spin”. Hy kyk om en al wat jy sien is ‘n paar groot wit oë agter die sonbril. Die wyfie het seker groter as hy geskrik, amper in die lug omgedraai om op haar pote te kom en so ‘n halfhartige poging agter hom aangewend.

Later vang hulle die man amper by die dorp en in sy swak Afrikaans vertel hy stotterend hy het nooit gedink om te ‘pose’ vir ‘n video-kamera sou hom so na aan sy dood sien omdraai nie. Hulle het onmiddellik ‘n dop saam met hom gaan drink, en die dokter het die man ‘n fooitjie gegee vir sy “Oscargehalte-rol” in ‘n videoproduk in die bos.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 6814 votes
It's four more years for Trump
54% - 7924 votes
Vote
ZAR/USD
16.19
(+0.81)
ZAR/GBP
21.20
(+1.15)
ZAR/EUR
19.15
(+1.10)
ZAR/AUD
11.53
(+0.66)
ZAR/JPY
0.15
(+1.01)
Gold
1903.91
(-0.91)
Silver
24.71
(-0.98)
Platinum
885.00
(+0.23)
Brent Crude
42.06
(-3.35)
Palladium
2382.50
(-0.08)
All Share
54796.42
(-0.99)
Top 40
50276.84
(-1.23)
Financial 15
10376.28
(+2.34)
Industrial 25
74130.97
(-0.60)
Resource 10
52819.20
(-2.99)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo