Wouter se Watergat

EK en Oom Pottie sit vandeesweek en wonder wat Watergate soos ons s’n aan die gang gehou het voordat die land televisie gekry en professionele sport, veral rugby, ontwikkel het tot wat dit vandag is. Onderwyl ons op ‘n lieflike dag op die houtdek oor ‘n spieëlgladde Indiese Oseaan sit en tuur het, het ek hom gevra of hy kan onthou.

“Nie eintlik nie, Woutie. Jy moet onthou, daar was in die ou dae baie minder kroeë en selfs restaurante. Weet jy, toe ek jonk was, hier in die vroeë sestigs, moes ons van Germiston af Braamfontein toe ry om die nuutjie van ‘n “steakhouse” te ervaar. Ons enigste watergat vir myle was by die Simmer and Jack-myn waar ons ná wedstryde ‘n bier of twee gedrink het.”

Dit het my self laat terugdink. Pottie is heelwat ouer as ek, en ek onthou tydens my studentedae in Johannesburg was daar maar min watergate soos ons hulle vandag ken. Die meeste was in hotelle, en dis waar ons gekuier het. Vandag het ons oral “pubs”, kyk maar in die groot stede, en as hulle nie verskeie groot televisieskerms op strategiese plekke, billike pryse en lekker maaltye het nie, sukkel hulle om te bestaan.

Ewenwel, ons het op ‘n manier bygebly, en was verlede Saterdag weer lekker vol mense … die meeste van hulle “regulars”, met enkele besoekers. Twee op vakansie uit Tshwane, en hulle het met pyngesigte gesit en kyk hoe die Cheetahs die trots van Pretoria oprol, terwyl ekself en Pottie lekker gevoel het oor die Sharks (die vorige aand) en Goue Leeus se vertonings. Hoewel daar verskillende emosies was, was almal eensgesind oor Pottie se voorspelling dat die Lions weer alles voor hulle gaan platvee: dis heeltemal te voortydig.

Iets wat groot bespreking uitgelok het, was oud-Springbokkaptein John Smit se erkennings in ‘n koerant dat hy verskeie foute gemaak het tydens sy amper drie hoofbestuursjare by die Sharks, dat hy heeltemal te onervare was, dat hy die John Plumtree-episode swak gehanteer het, en dat hy en Jake White ‘n uitval gehad het.

Al hierdie dinge was tog redelik voorspelbaar, of hoe? Hoewel Smit ‘n fantastiese mens is en goeie leier op die veld was, met sy aanstelling self gesê het hy het geen sake- of bestuursondervinding nie, en talle kenners vrae hieroor gevra het, is hy nietemin aangestel. Is dit toevallig dat die unie-president Graham Mackenzie enkele dae na Smit se erkennings ook besluit het ‘om meer aandag aan sy sakebelange te gee?’

Ewenwel, ons glimlag kom van een van die Blou Bulmanne van Pretoria, Bart Naude. Die vliegtuig het pas opgestyg. ‘n Manlike passasier sit en byt sy vingernaels, en vee gereeld sweet van sy voorkop af. Die bekommerde lugwaardin vra of sy hom iets van die kroeg af kan kry om hom te kalmeer.

Hy knik instemmend. Hy sluk die drankie vinnig af. Tien minute later bewe hy steeds, en kry hy nog ‘n drankie. ‘n Half-uur later sien die lugwaardin die man bewe nog en huil saggies.

“Ag siestog meneer, ek het nog nooit iemand gesien wat so bang is vir vlieg nie.”

“Poplap,” kom die antwoord, “ek is nie bang vir vlieg nie. Ek probeer ophou drink.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
38% - 3492 votes
I'll wait to see how others respond
26% - 2381 votes
No, I don't think they need it
37% - 3384 votes
Vote
ZAR/USD
15.08
(-1.06)
ZAR/GBP
21.04
(-1.05)
ZAR/EUR
18.19
(-0.86)
ZAR/AUD
11.74
(-0.53)
ZAR/JPY
0.14
(-0.81)
Gold
1715.40
(-1.18)
Silver
26.17
(-1.90)
Platinum
1172.00
(-1.92)
Brent Crude
62.54
(-1.55)
Palladium
2359.50
(-0.55)
All Share
68326.79
(-0.27)
Top 40
62861.62
(-0.39)
Financial 15
12571.60
(+0.02)
Industrial 25
89680.18
(+0.59)
Resource 10
69225.70
(-1.86)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo