Wouter se Watergat

WAT verlede Satermiddag hier in die Watergat gebeur het, het min van ons ooit tevore in ons lewens ervaar. Wat spanning betref, vat Saterdag se wedstryd die spreekwoordelike koek.

Van die begin af was dit duidelik die Lions kon geklop word weens die talle foute wat hulle gemaak het. Voeg daarby Elton Jantjies se powere vertoning, wat reeds die vorige week begin het. Daarbenewens het die Sharks se losvoorspelers soos tiere gespeel, en die paar Leeus-ondersteuners hier kon die Lions- droom van ‘n tuisfinaal soos mis voor die son sien verdwyn. Ek het Oom Pottie bitter jammer gekry, en was in ‘n stadium ook bekommerd, want hy het tekere gegaan asof hy nie amper tagtig is en bloeddrukpille drink nie.

Die Sharks-ondersteuners daarenteen was eufories. Ekself het vir myself gesê: “Myself, hier kom ‘n ding.” In die tweede helfte het die Lions beter begin speel, en toe die skeidsregter daardie kontroversiële geelkaart uitdeel, het Pottie begin hoop kry toe sy manne vinnig twee drieë aangeteken het.

Ons kon feitlik nie voorbly met die nuwe bestellings nie, want die senuwees het so gepla dat die manne sommer langglas-tapbier met een sluk laat verdwyn het. Toe kom daardie laaste tien minute, nadat Franco Mostert ook ‘n geelkaart gekry het. Ruan Combrinck mis boonop met ‘n heel haalbare skop, en ons Sharks jubel. Net ‘n paar minute oor, met ‘n voorsprong van een punt. Ons gee mekaar al high fives.

Toe kom die bollie in die bier. Pleks dat heelagter Mvovo, in sy eie kwartgebied, skop om in die Lions se gebied te kom, begin hy hardloop, word gelak, verloor die bal, en speel boonop onkant.

Ok, strafskop, maar dis in sy eie halfgebied, en Jaco Kriel sal waarskynlik kantlyn toe gaan in ‘n laaste wanhopige poging om van ‘n lynstaan af punte aan te teken. Die besluit is om pale toe te skop. Ons Sharks beskou dit as onmoontlik. Pottie het aanvaar die Lions verloor, en sit in sy hoekie met ‘n gesig wat ‘n Shar Pei-hond soos Charlize Theron sou laat lyk. Combrinck lyk heel kalm, skop, die bal trek platterig, maar asof deur ‘n magiese krag gedra, perfek in die middel van die regoppale, oor die dwarslat.

Die geskokte stilte in die Watergat was so erg ons kon die yskaste hoor loop. Pottie het soos ‘n trompoppie op en af gespring en geskree: “Yes, yes, yes.”

Ons ander was verpletter. Die troosprys is dis goed vir Suid-Afrikaanse rugby, en indien die Lions dalk sou slaag om die titel uiteindelik te wen, sal daardie legendariese skop van Combrinck seker die hooffaktor wees.

Ons loopstorie handel oor die kleinkind wat vir ouma ‘n lekkertjie gee.

“Mmmmm ...” verklaar die ouma, “maar dis darem lekker!” Die kind frons. “Dis baie snaaks, ouma. Toe ek hom netnou vir die hondjie gegee het, het hy hom dadelik uitgespoeg.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
7% - 988 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1877 votes
Have no interest in spending more money this year?
79% - 10536 votes
Vote
ZAR/USD
15.20
(-0.63)
ZAR/GBP
20.32
(-0.45)
ZAR/EUR
18.12
(-0.61)
ZAR/AUD
11.20
(-0.65)
ZAR/JPY
0.15
(-0.78)
Gold
1809.97
(+0.12)
Silver
23.29
(-0.15)
Platinum
963.00
(+0.40)
Brent Crude
48.73
(+1.57)
Palladium
2368.48
(+2.46)
All Share
57923.69
(+0.31)
Top 40
53084.13
(+0.27)
Financial 15
11645.28
(+0.04)
Industrial 25
79993.34
(+0.20)
Resource 10
52790.93
(+0.35)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo