Wouter se Watergat

‘n Week nadat ek meer besonderhede oor ons faktotum Oom Pottie verskaf het, het die noodlot hom ‘n teleurstelling toegedien wat erg pynlik was om te ervaar. Sy geliefde span het ‘n wedstryd wat klaar gewen en in die spreekwoordelike sakkie was, uit die sakkie gehaal en aan die opponente gesê: ‘Hier, vat hierdie een maar vir julle, ons wen in elk geval te veel. Die Blues is die swakste Nieu-Seelandse span, en dit sal goed vir julle moreel wees as julle ons hier op Emiratespark klop.’

Toe daardie laaste drie gedruk word en die Lions verloor nadat speeltyd reeds verby was, het ‘n asvaal-Pottie met ‘n kreun in die hoek gaan sit, lank niks gesê nie, totdat net drie woorde oor sy lippe gekom het. Daarna het hy weer stilstuipe gekry, sy bier klaar gedrink, gegroet en huis toe gegaan. Die woorde, met groot gevoel, was: ‘Dis ‘n gatslag’.

Maandag lees ek heel toevallig op die internet ‘n ontleding van die dieper betekenis en belangrikheid van die woord ‘gat’, wat my dadelik aan Pottie se emosionele woorde laat dink het. Ek kon nie mooi vasstel wie dit geskryf het nie, maar herhaal dit woordeliks met erkenning aan iemand wat homself Klassik noem. En vra ook byvoorbaat om verskoning indien iemand sou aanstoot neem. Dis bloot bedoel as ‘n humoristiese, kliniese ontleding:

“Die woord gat. ‘n Baie diepe betekenis in die lewe. Om bv. lewe te skep (kinders druk die ore toe), wat ‘n man en ‘n vrou doen…..daar is holtes betrokke. Holtes = Gate. Met geboorte, kom die babatjie die lewe binne deur ‘n opening (keisersnit en natuurlik), ‘n gat!

Om te kan sien, moet lig by ‘n gat inkom, die oog. Om te kan hoor moet klank by die oor inkom, ‘n gat. Om te kan eet en drink moet voedsel en vloeistof die mond binnekom, ‘n gat. Om asem te haal moet suurstof deur die neus en mond beweeg. Bloed vloei deur are en as jy sweet kom die sweet by sweetgaatjies uit. Om badkamer toe te gaan, wel nommer een of nommer twee vir almal, het met ‘n gat te doen.

Om deur ‘n muur te sien kyk ons deur ‘n venster, ‘n gat. Om in jou huis, kar, kerk, werk of die bank in te gaan, loop jy deur ‘n gat. Om ‘n deur oop en toe te sluit, druk jy die sleutel in ‘n gat, die sleutel het ‘n gaatjie met ‘n ringetjie daaraan wat jy in jou sak steek (‘n gat).

As jy skoene en sokkies aantrek, jou klere, horlosie of jou selfoon laai, alles is gesentreer om ‘n gat. Iemand vat jou vir ‘n gat as hy met jou die spot dryf, jy maak jou naam gat na te veel tequila, jy val jou gat af, en jy lag jou gat af. Jy voel gat as die bulle kantlyn toe skop en nie pale toe nie.

Dan, as jy doodgaan, en die lig aan die einde van die tonnel sien (ook ‘n gat), word jy begrawe in ‘n gat of veras deur in ‘n oond met ‘n deur in te beweeg.

So kan mens aangaan, daars baie voorbeelde, daar is seker ook uitsonderings, maar die toeval is nogal groot.

‘n Gat vereenvoudig is ‘n sirkel, ‘n sirkel het geen begin en geen einde, ewigdurend, soos die lewe. Dus is die geheim van die lewe, ‘n gat.

Kan dit wees dat hierdie kroeg-teorie jou heeldag gaan laat wonder, en gate raaksien?”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
37% - 2363 votes
I'll wait to see how others respond
26% - 1704 votes
No, I don't think they need it
37% - 2364 votes
Vote
ZAR/USD
15.11
(-0.78)
ZAR/GBP
21.06
(-0.15)
ZAR/EUR
18.24
(+0.04)
ZAR/AUD
11.64
(+1.40)
ZAR/JPY
0.14
(-0.47)
Gold
1730.88
(-2.23)
Silver
26.59
(-3.23)
Platinum
1191.50
(-2.13)
Brent Crude
66.03
(-0.11)
Palladium
2321.00
(-3.07)
All Share
66138.05
(-1.99)
Top 40
60754.30
(-2.11)
Financial 15
12200.05
(-1.09)
Industrial 25
86144.34
(-0.81)
Resource 10
67459.85
(-4.14)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo