Wouter se Watergat

HET ons verlede naweek hier in die Watergat ‘n spanningvolle tyd beleef!

Hoewel ons gehoop het die Bulls sou hulle wedstryd Vrydag kon wen, was dit nie die einde van die wêreld nie, maar toe die Sharks Saterdag teen die Brumbies gaan staan en verloor, was die gemoedere onstuimig en die manne, om die minste te sê, kwaad.

Maar belangriker, teleurgesteld, omdat hierdie span waarvan ons vanjaar soveel verwag het vanjaar, net nie in rat kan kom nie.

Later het ons almal weer gewonder of die probeem nie by die afrigting lê nie. As daar een Suid-Afrikaanse span is wat ver benede sy potensiaal speel, is dit die Sharks.

Later die middag het die senuwees weer gelol, al het die Stormers ons weer hoop gegee.

Die spook van die vorige naweek, toe wat veronderstel is om die land se beste span te wees, ‘n wedstryd in die doodsnikke weggegooi het, het weer geloop.

Hoe is dit moontlik dat die Sunwolves, wel baie verbeter het, die Johannesburgers so opgekeil en amper gewen het? Dit maak net nie sin nie.

As die Lions nie vinnig verbeter nie, gaan die Jaguares hulle hierdie naweek verflenter. Dalk begin Johan Ackerman se afwesigheid uiteindelik sy tol eis.

Pottie was weer in ‘n toestand, en ek was gereed om hom ongevalle toe te neem met ‘n hart-aanval. Gelukkig het ‘n blou pilletjie, die een vir die senuwees, die ding gedoen.

Genoeg van die rugby. Die ander onderwerp van bespreking wat ons warm onder die kraag gehad het was ‘n berig wat ons Saterdag op een van die nuuskanale gesien het. Ene Carl Niehaus, nou die (self-aangestelde?) woordvoerder van die sogenaamde Umkhonto We Sizwe-veterane, wat op sy gewone breedsprakerige en met perfekte Afrikaans- manier verklaar het oud-President Zuma sal nie ‘n regverdige verhoor in Suid-Afrika kry nie.

Die redes? Die “dekade-lange persoonlike en venynige veldtog wat die hoofstroom-media teen kameraad Zuma gevoer het. Die Suid-Afrikaanse publiek, insluitende ons regters, is gebombardeer met negatiewe publisiteit, karaktermoord en boendoehowe wat kameraad Zuma reeds skuldig bevind het.”

Gelukkig, het die heer Niehaus verklaar, was hy en sy kamerade as ‘op die slagveld geharde vryheidsvegters ’, en weet hulle wat ware lojaliteit beteken.

Bogenoemde komende van iemand wat, nadat hy agt jaar in die tronk was weens subversiewe bedrywighede, en hierna Nelson Mandela se woordvoerder, ambassadeur in Nederland en Parlementslid was, nege jaar lank moes gaan ‘wegkruip’. Hy het onder meer erken het hy het bedrog gepleeg, en die media het berig hy skuld mense miljoene rand.

Ander beskuldigings teen hom was dat hy handtekeninge vervals en gelieg het oor sy ma se dood om geld te bekom.

Skielik ontpop hy verlede jaar in ‘n eendejagter-kamoefleerpak as Nkosazana Dlamini-Zuma se woordvoerder, en klou hy steeds verbete vas aan Jacob Zuma.

Besef die man, en die ANC self, nie dat Niehaus ‘n kolossale verleentheid is nie? Gelukkig gaan hy weer soos ‘n stuk beton sink, hierdie keer saam met Zuma.

Iets om die swaarmoedigheid te verdryf: Meraai loop straataf met ´n matras op haar kop.

Gatiep: Wa gat djy met djou furniture? Meraai: Hierie is g´n office furniture nie. Dis my workshop!

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
37% - 2403 votes
I'll wait to see how others respond
26% - 1732 votes
No, I don't think they need it
37% - 2406 votes
Vote
ZAR/USD
15.09
(-0.16)
ZAR/GBP
21.02
(-0.23)
ZAR/EUR
18.22
(-0.19)
ZAR/AUD
11.62
(-0.25)
ZAR/JPY
0.14
(-0.54)
Gold
1734.50
(+0.02)
Silver
26.67
(+0.05)
Platinum
1186.51
(+0.42)
Brent Crude
64.40
(-2.56)
Palladium
2310.00
(+0.58)
All Share
66138.05
(-1.99)
Top 40
60754.30
(-2.11)
Financial 15
12200.05
(-1.09)
Industrial 25
86144.34
(-0.81)
Resource 10
67459.85
(-4.14)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo