Wouter se Watergat

Kom ons handel die rugby vandeesweek vinnig af. Dit lyk my die Sharks gaan die Curriebeker vanjaar wen. Tensy die Lions voorspelers invoer, is hulle gedoem, en die WP gaan waarskynlik die Sharks se grootste struikelblok wees, met die Blou Bulle as buiteperde. Hoop nie ek word weer verkeerd bewys nie.

Die rede vir die haas is om ‘n storie van Jan van Staden van Hibberdene in vandeesweek se rubriek ingepas te kry. Jan het ‘n manier met stories, en ons het ‘n hele aand aanmekaar gelag vir sy repertoire.

Hierdie spesifieke verhaaltjie is geskryf deur ene Dawie Theron, Jan het dit iewers raakgelees, effens aangepas en verkort, maar die basiese inhoud bly dieselfde. Dawie vertel in die storie dat hy en sy gesin uit die Kaap ‘n langnaweek vir familie in die Vrystaat gaan kuier het.

Van die oggend tot laataand is net vleis geëet……niertjies vir ontbyt, skaaptjops vir middagete, biefstuk in die aand. Soos hy self verklaar, ‘n gebalanseerde ete by die familie was ‘n skaaptjop in elke hand. Geen bykosse soos in die Kaap nie, en niks in die lewe bring groter vreugde vir ‘n moeë vis-en-hoenderdiëter as ‘n langnaweek in die Vrystaat nie. Die oggend, middag en aandvleisvure brand hoog en die vet drup van die vakansiebaarde af, geil man, geil.

Aan die einde van die naweek, na nog ‘n welige ontbyt (met skaaptjops) word die langpad aangedurf (met skaapboud-toebroodjies vir padkos).

Teen amper halfpad trek die son sy lang skadu’s oor die uitgestrekte Karoo. Drie Susters is agter hulle, en skielik voel Dawie sy regtervoet voel nie lekker nie. ‘n Massiewe pyn skiet sy regterenkel binne. Dit moet ‘n beroerte wees. As sy hart in sy skoen was sou hy sweer dit is hartaanval. Die pyn neem alles oor. ‘Bel net die dokter!’ is al wat Dawie uitkry en trap die petrol al dieper in met sy linkervoet. Sy vrou bel hul geliefde huisdokter uit sy Sondagmiddagslapie uit. Sy vertel in kort sinne wat aangaan. Dokter vra hieroor en daaroor en waar die pyn is en of daar enige rugbybeserings is aan daai voet. Dan ‘n lang stilte. Hulle albei verwag die ergste.

‘As dit ‘n voetpyn is, julle het die en daai geëet en daar is geen koors nie, die pyn ‘loop’ nie, dan dink ek dit is ernstige jig,’ kom die kort selfoondiagnose. Pynpille in die motor? Ja, net een van 100 gram, maar dis ‘n setpil wat dateer uit vroulief se verlede. Hulle druk deur tot op Beaufort-Wes, maar Sondagaand is die noodapteek reeds toe.

Op Leeu-Gamka gee Dawie bes, vat die setpil by sy vrou en bestorm die kamerverlaat by die vulstasie. In een van die toilette vat hy die pilletjie vas, en doen dit. Snaakse deel van ‘n mens se liggaam, dink Dawie. Jy druk en forseer, dan gryp hy hom by jou soos ‘n stofsuier. Weer op die langpad, die kinders slaap snoesig in hul stoeltjies, maar Dawie se oë bly groot. Sy vrou vra of dit beter gaan. ‘Nog nie’, antwoord hy. ‘Dis darem ‘n skerp pilletjie daai’. ‘Hoe so?’ vra sy vrou.

‘Ek bedoel die aluminium om die pil. Ek moes dit hoeveel keer buig om die skerp rantjies weg te kry’, verduidelik Dawie. Sy vrou stik van die lag. ‘Jy moes die omhulsel afgehaal het!’ Dawie se verleentheid is erg. ‘Maar ek dog dit werk soos ‘n kapsule, jy breek dit mos nie oop nie!’

Uiteindelik haal hulle die Kaap, voetpyn en al, en intussen het Dawie se vrou al hul vriende reeds gebel met die storie.

Die volgende dag op kantoor wou almal weet of hy nou ‘n ‘stainless steel’- knaldemper het. ‘Het die setpil gewerk?’ wil die mense weet. ‘Weet nie’, kom die skaamkwaad antwoord. ‘Ek sal moet wag dat die omhulsel wegroes’.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
8% - 957 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1799 votes
Have no interest in spending more money this year?
78% - 9908 votes
Vote
ZAR/USD
15.12
(+0.36)
ZAR/GBP
20.24
(+0.23)
ZAR/EUR
18.02
(+0.24)
ZAR/AUD
11.14
(+0.40)
ZAR/JPY
0.14
(+0.35)
Gold
1806.39
(-0.14)
Silver
23.32
(+0.29)
Platinum
965.00
(+0.83)
Brent Crude
47.84
(+3.78)
Palladium
2323.00
(-0.13)
All Share
57742.19
(-0.03)
Top 40
52940.79
(-0.20)
Financial 15
11641.10
(-0.29)
Industrial 25
79835.50
(-0.36)
Resource 10
52605.42
(+0.07)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo