Addo: Moenie ‘miskruier-moord’ pleeg nie

=Dís hoekom jy nie deur olifantmis in die Addo-olifantpark moet ry nie... dit is vol van die kritiek-bedreigde Addo vlerklose miskruiers.                Fotos:MARISKA SPOORMAKER
=Dís hoekom jy nie deur olifantmis in die Addo-olifantpark moet ry nie... dit is vol van die kritiek-bedreigde Addo vlerklose miskruiers. Fotos:MARISKA SPOORMAKER

Noudat almal die Addo-olifant Nasionale Park van 18 tot 22 September gratis kan besoek as deel van Sanparke se jaarlikse Parkeweek, word die ernstige pleidooi, “Ry asseblief die olifantmis mis!” wéér herhaal.

Want ry jy deur die mis, pleeg jy ’n groot-skaalse miskruiermoord.

Dié wat dit nie glo nie, kan gerus tydens die gratis toegangsperiode gaan stilhou by vars olifantmis op die pad om te sien hoe dit krioel van swart “goggas.”

Dié goggas is die kritiek bedreigde vlerklose Addo- miskruier: ’n onmisbare skakel in die Addo-park se gesonde ekologie. Dit is ook ’n spesie wat nie kan vlieg nie en waarvan die voortbestaan buite die park bedreig word omdat olifante nie meer vrylik daar rondloop nie.

Maar hou ook ’n fyn oog uit vir die ryvlak rondom die mis, want daar loop ook baie miskruiers rond. Dit is omtrent ’n jammerte om te sien hoeveel van dié kosbare miskruiers ’n entjie van die olifantmis vandaan doodgery word.

In die 1900’s het dié miskruier nog feitlik oor die hele Suid-Afrika voorgekom. Nou is die Addo-olifantpark en omliggende dele (van die Kaboegarivier oos van Kirkwood deur die Suurberge en die Addo-olifant Nasionale Park en tot by die Sondagsriviermond) die enigste plek waar ’n mens nog die vlerklose miskruier kan sien, so ry asseblief versigtig in die park en vertel jou vriende en familie om dieselfde te doen.

By die park se toegangshekke is daar wel kennisgewingborde om nié deur die olifantmis te ry nie , en langs die paaie in die park is ook driehoekige miskruier-toegeebordjies aangebring, maar baie besoekers slaan ongelukkig nie ag hierop nie. Ook nie op die pamflette wat hulle hieroor by die hek kry nie.

Niks ontstel ’n bewaringsbewuste besoeker meer as om wielspore deur olifantmis te sien nie, want dit beteken net een ding: ’n klomp kritiek bedreigde Addo-miskruiers is doodgery.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Would you choose to continue working from home after the coronavirus lockdown if given the option?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, it's much better for me
40% - 7601 votes
No ways! I can't wait to get back to the office
12% - 2217 votes
A mixture of both would suit me best
48% - 9186 votes
Vote
USD/ZAR
14.39
(-0.0)
GBP/ZAR
19.83
(-0.0)
EUR/ZAR
17.24
(-0.0)
AUD/ZAR
11.11
(-0.0)
JPY/ZAR
0.13
(-0.0)
Gold
1,741.91
(+0.3)
Silver
25.50
(+0.3)
Platinum
1,177.00
(+0.3)
Brent Crude
66.58
(+4.6)
Palladium
2,700.00
(+0.8)
All Share
67,812
(0.0)
Top 40
62,084
(0.0)
Financial 15
12,163
(0.0)
Industrial 25
88,847
(0.0)
Resource 10
69,024
(0.0)
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo