Bekende vrou van rehab-sentrum kom inspireer

=Suster Magda Kleyn (regs) van Elsiesrivier by ’n pasiënt. Sy is betrokke by opspraakwekkende projekte van bemagtiging en rehabilitering en is op 12 Augustus ’n spreker by ’n vrouekonferensie op Uitenhage.                                               Foto:MEDIA24
=Suster Magda Kleyn (regs) van Elsiesrivier by ’n pasiënt. Sy is betrokke by opspraakwekkende projekte van bemagtiging en rehabilitering en is op 12 Augustus ’n spreker by ’n vrouekonferensie op Uitenhage. Foto:MEDIA24

As daar nou ’n vrou met ’n ystere wil is wat ’n verskil in haar gemeenskap maak dan is dit suster Magda Kleyn van Elsiesrivier.

Dié dinamiese vrou is eersdaags ’n spreker op Uitenhage waar sy gaan gesels oor bemagtiging, bemoediging, hoe om mense te inspireer en mobiliseer.

Die tema van die vrouekonferensie wat op Saterdag, 12 Augustus by Hoërskool Strelitzia se skoolsaal aangebied word is “From the Gutter to the Utter”.

’n Ewe-dinamiese vrou wat saam met Kleyn betrokke is by die rehabilitering van dwelm- en drankverslaafdes, Riana Prins, gaan ook as spreker by die konferensie optree.

Kleyn is die stigter van die bekende Tehillah-rehabilitasiesentrum op Elsiesrivier waar daar oor die afgelope 14 jaar opspraakwekkende maatskaplike werk verrig is.

“Ons nooi elke vrou van ons omgewing om jouself te kom bederf en vernuwe op hierdie vroue-oggend,” sê Leonie Keuler, organiseerder van die vrouekonferensie.

“Die konferensie is vir vroue om hul innerlike krag en talent te herontdek en om elke stryd in oorwinning te omskep.”

Die vrouekonferensie op Saterdag, 12 Augustus is vanaf 09:00-13:00. Kaartjies is R80 per persoon en sluit tee en verversings in. Daar sal ook sang en musiek wees.

  • Vir meer inligting of kaartjies bel Leonie Keuler by 041 992 4071 of 084 619 5310.
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 5398 votes
It's four more years for Trump
54% - 6413 votes
Vote
ZAR/USD
16.46
(+0.27)
ZAR/GBP
21.30
(+0.39)
ZAR/EUR
19.47
(-0.17)
ZAR/AUD
11.61
(+0.31)
ZAR/JPY
0.16
(+0.30)
Gold
1910.13
(+0.39)
Silver
24.75
(+5.80)
Platinum
875.00
(+2.51)
Brent Crude
42.85
(-0.67)
Palladium
2405.50
(+3.21)
All Share
55271.75
(+0.20)
Top 40
50851.62
(+0.22)
Financial 15
9956.35
(-0.22)
Industrial 25
75567.07
(+1.08)
Resource 10
53788.16
(-0.63)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo