Buurtwag ‘keer area om’ in ’n jaar

Van Riebeeckhoogte Buurtwag se eerste bestaansjaar word Saterdag gevier by die park langs Frere- en Maitlandstraat op Uitenhage.

“Die hoofdoel van die fees is om Uitenhage-inwoners bewus te maak van die noodsaaklikheid van ’n goed georganiseerde buurtwag. Ons deelname aan sigbare patrollering in ons woonareas dien as ’n groot afskrikmiddel vir misdadigers,” sê Julia Nel van die Van Riebeeckhoogte Buurtwag.

Dié buurtwag is op 5 Maart 2017 gestig met Rouche Barnard as voorsitter, Andrew Stark as ondervoorsitter en Julia Nel as administratiewe beampte.

Binne die eerste maand na die stigting is Valleisig by die buurtwag ingelyf en ’n patrolliegroep met 18 lede is op die been gebring.

’n Damesgroep is gestig om fondsinsamelingsprojekte vir die buurtwag te doen en sodoende kon alle voertuie met magneetplakkers waarop die buurtwag inligting verskyn toegerus word.

“Fondse het dit ook moontlik gemaak om buurtwaglede toe te rus met tweerigting- radios, flitse, noodhulpsakkies, brandblussers, uitkenningsligte sowel as pepersprei,” sê Nel.

Verleen hulp aan ander

Dit is nie net in hulle eie woonarea waar die buurtwag ’n verskil maak nie. Hul reik ook uit na kinderpasiënte in die hospitaal, bejaardes in tehuise sowel as na die Uitenhage Dierebeskermingsvereniging. Hulle het selfs hulp verleen na die vernietigende brande by Knysna.

“Die buurtwag het ook die groot leeglê-probleem en teistering deur bedelaars in die sakekern van die woonbuurt aangespreek. Fondse is ingesamel om ses kennisgewingborge op te rig.

“Strenger wetstoepassing deur die metro-polisie kan help om die probleem totaal hok te slaan,” sê Nel.

Die bystand van plaaslike besighede in dié sakekern, soos Spyros Kwikspar, sterk die buurtwag se hande in hul pogings om dit ’n veiliger area te maak.

“Ons wil hê dit moet weer vir ons inwoners ’n plesier wees om hier inkopies te doen,” sê Nel.

Verjaardag feesvieringe &

kompetisies

Van Riebeeckhoogte Buurtwag se verjaardag-vieringe skop Saterdag, 07:00 af met ’n 5km pretloop. Deur die loop van die oggend sal sal plaaslike sangers soos Monique Marais, Wanda van Rooyen, Odette Randall, Twane, Mallies en Zenia optree. Die publiek kan ook aan karaoke-sing deelneem.

Kompetisies vir die dag sluit in ’n baba-, peuter-, kleuter-, Junior & Tiener Mnr./Mej. Buurtwag en ’n Mej. Bene-kompetisie.

Daar is ook sowat 40 stalletjies waar van eetgoed tot snuisterye gekoop kan word.

  • Inskrywings vir die pretloop en kompetisies sluit Vrydag, 23 Februarie om 11:00. Stalletjiehouers wat deel wil wees van die dag kan Julia Nel bel by 084 514 7500.
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 6180 votes
It's four more years for Trump
54% - 7265 votes
Vote
ZAR/USD
16.31
(+0.75)
ZAR/GBP
21.46
(-0.67)
ZAR/EUR
19.35
(+0.57)
ZAR/AUD
11.62
(-0.14)
ZAR/JPY
0.16
(-0.05)
Gold
1924.58
(+0.76)
Silver
25.03
(+1.22)
Platinum
887.00
(+2.00)
Brent Crude
43.05
(+1.28)
Palladium
2396.00
(+0.77)
All Share
55345.49
(+0.13)
Top 40
50905.12
(+0.11)
Financial 15
10138.60
(+1.83)
Industrial 25
74577.70
(-1.31)
Resource 10
54447.94
(+1.23)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo