HTS Daniel Pienaar se Dakardoring of Dakar-Tier, soos Paul Ludeke na dese bekendstaan, is veilig terug op Uitenhage ná ’n paar uitmergelende weke in Saoedi-Arabië.
Dié meganiese tegnologie onderwyser by die Tiere was tydens die Dakar ’n motorwerktuigkundige vir die Portugese span, South Racing, se Can-Am-liggewig-renmotors. Daar het hy saam met van die wêreld se beste tydrenbe- stuurders en -tegnici gewerk.
Ludeke sê dat hy nou weet “min slaap is sinoniem met die Dakar, ek het party nagte net 43 minute geslaap.”