Dankie: Mula herwin 22 ton afval

<Sommige van die nagenoeg 1353 geregis-treerde kinders met die herwinbare items wat hulle versamel en ruil vir al die benodigdhede wat hulle in die Mula-winkel kan kies. Op dié wyse maak hulle hulle omgewing sigbaar skoner en in ruil ontvang hulle items wat vir hulle van waarde is.          Foto: VERSKAF
<Sommige van die nagenoeg 1353 geregis-treerde kinders met die herwinbare items wat hulle versamel en ruil vir al die benodigdhede wat hulle in die Mula-winkel kan kies. Op dié wyse maak hulle hulle omgewing sigbaar skoner en in ruil ontvang hulle items wat vir hulle van waarde is. Foto: VERSKAF

Elke Donderdag stroom kinders met arms vol karton en plastiek na die Mula-winkel om dié herwinbare items te ruil vir speelgoed, skoolgoed, skoonmaakgoed, kos of klere.

Hoe meer herwinbare items hul inhandig, hoe meer Mula-punte en uiteindelik kan hul meer gebruiksartikels huistoe neem! So maak die Mula-herwinningsprojek in Gerald Smith op Uitenhage ’n moewiese verskil!

Sedert dié wen-wen projek afgeskop het in 2015 het die gemeenskap meer as 15 000kg plastiek en meer as 7 000 kg karton uit die Gerald Smith area verwyder.

“Dit is afgesien van die meer as 5 000kg onherwinbare items wat die kinders ook op ’n Donderdag bring met die hoop om Mulas te verdien,” sê Quinette Goosen, voorsitter van hierdie verdienstelike projek.

“Dit is met ’n dankbare hart dat die Mula-komitee álmal wat die projek ondersteun bedank. So-ook ’n groot dankie aan die kinders wat herwinbare items kom inlewer en dankie aan die borge vir hul bydraes om die ruil-proses aan die gang te hou.

“Sonder die gemeenskap se positiewe ge-sindheid sou die Mula-projek nie kon voortgaan met die belangrike diens om die omgewing skoon te maak nie.”

Goosen sê die projek benodig gemiddeld R2 500 per week om voorraad aan te koop in ruil vir die 130 kinders se herwinbare items wat hul inhandig.

Golfdag om fondse in te samel

As deel van die projek se fondsinsamelings word ’n Mula Golfdag op Saterdag, 25 Februarie by die die Uitenhage Golfklub aangebied.

  • Enige iemand wat ’n prys of putjie wil borg, wil deelneem, of op enige manier betrokke wil raak by die Mulaprojek kan Quinette Goosen bel by 082 846 3327.
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
8% - 855 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1609 votes
Have no interest in spending more money this year?
78% - 8746 votes
Vote
ZAR/USD
15.40
(+0.12)
ZAR/GBP
20.53
(-0.08)
ZAR/EUR
18.25
(+0.28)
ZAR/AUD
11.24
(+0.40)
ZAR/JPY
0.15
(+0.74)
Gold
1838.79
(-1.75)
Silver
23.60
(-2.35)
Platinum
929.00
(-1.38)
Brent Crude
45.18
(0.00)
Palladium
2343.00
(+1.44)
All Share
57147.31
(+0.94)
Top 40
52478.55
(+1.08)
Financial 15
11337.90
(+0.62)
Industrial 25
79917.53
(+1.49)
Resource 10
51771.17
(+0.65)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo