Despatcher se plan met waternood

=Binne drie dae is vier ton water deur inwoners van Despatch, Uitenhage en Port Elizabeth ingesamel.  Foto: Theo Jeptha
=Binne drie dae is vier ton water deur inwoners van Despatch, Uitenhage en Port Elizabeth ingesamel. Foto: Theo Jeptha

’n Enkele Facebook-boodskap en vriende met goeie “kennisse” het tot die insameling van vier ton water vir die droogtegeteisterde gebiede in die Oos-Kaap gelei.

Die media se oorvloed van droogteberigte die afgelope tyd het vir Bertus Griebenow van Despatch só geraak dat hy besluit het om self ’n plan te maak.

“Al die droogte-stories het my so hartseer laat voel dat ek op die ingewing van die oomblik besluit het om water vir die droogte- gebiede in te samel,” het Griebenow gesê.

Hoewel Griebenow nie ’n waterpyplyn na die noordoostelike gebiede van die Oos-Kaap kan aanlê nie, het hy die tweede beste roete gekies en is water laas Saterdag per vrag- motor na Maclear vervoer.

“Die plan was om eerste Aliwal-Noord se dors te les, maar gelukkig het dit daar bietjie gereën en die Katsedam-water is nou by hulle. Toe hoor ons van Maclear se groot probleme en weet dit is waar die water heen moet gaan.”

Volgens Griebenow is water in Maclear tans so skaars dat pasiënte in hospitale en ouetehuise nie water het om hul pille mee te sluk nie.

“Ek het nie besef dit gaan só rof nie. Daarom het ek op Facebook ’n boodskap uitgestuur om vir water te vra. Ek het nooit gedink die reaksie sal goed wees nie, maar my vriende het goeie kennisse wat bereid is om te help,” het hy gesê.

Tussen die mense van Despatch, Uitenhage en Port Elizabeth en die Tsitsikamma Crystal-watermaatskappy is vier ton water binne net drie dae bymekaargemaak.

En die “waterpyplyn” is gratis deur Quality Express-voervoerdienste danksy Riaan Ferreira, ’n vriend van Griebenow, georganiseer.

“Die water is verlede Vrydag tot in Oos-Londen geneem, en Saterdagoggend is daar deurgery na Maclear toe,” het Ferreira gesê.

Maar dit is nie die einde van die “waterfontein” nie. “Ek het nog ’n vragmotor gekry wat sowat 36 000 liter water kan skuif. Sodra ons die water ingesamel het, sal dit ook gratis na ’n droogtegebied geneem word.”

Enige persoon wat wil water skenk kan dit tussen 09:00 en 12:00 by Bothasruskerk afgee.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
8% - 906 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1704 votes
Have no interest in spending more money this year?
78% - 9384 votes
Vote
ZAR/USD
15.21
(+0.91)
ZAR/GBP
20.31
(+0.88)
ZAR/EUR
18.08
(+0.71)
ZAR/AUD
11.19
(+0.24)
ZAR/JPY
0.15
(+1.06)
Gold
1807.64
(-1.54)
Silver
23.20
(-1.30)
Platinum
960.00
(+3.66)
Brent Crude
45.51
(+2.15)
Palladium
2340.00
(+0.48)
All Share
57761.92
(+1.08)
Top 40
53049.43
(+1.09)
Financial 15
11674.99
(+2.97)
Industrial 25
80126.12
(+0.26)
Resource 10
52568.48
(+1.54)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo