Despatchers speel kookwater tafeltennis

=Wenners van die Despatch Tafeltennis klub-uitdunne (van links) Sebastian Scharnick, Eugene Lambatjeen en Timonty Rossouw.                                 Foto:VERSKAF
=Wenners van die Despatch Tafeltennis klub-uitdunne (van links) Sebastian Scharnick, Eugene Lambatjeen en Timonty Rossouw. Foto:VERSKAF

Despatch is bekend as ’n dorp met inwoners wat sportmal is. Die dorp se tafeltennis-klub doen hieraan gestand en spelers presteer in hul ligas en op provinsiale vlak.

Despatch Tafeltennis-klub se tweede span, onder leiding van Marcel Snyman, is tans besig om die tweede liga te domineer. Hulle was ook die wenners van die klub se uitdun-toernooi.

Julian Horne, een van die klub se stigters-lede, is vir beide die Metro sowel as OP-span vir veterane gekies. Dié spanne gaan in Oktober aan ’n veterane-toernooi deelneem.

Horne sowel as Snyman is onder die top 200 tafeltennisspelers van Suid-Afrika.

Die tafeltennis-klub spog ook met twee junior spelers, Brandon Mirams en Leander van Staden wat aan die nasionale Callies-toernooi deelgeneem het en baie goed gevaar het.

“Ons hoop om meer juniors betrokke te kry. Ons is opgewonde oor die talent wat by Oosterland Jeugsentrum is waar die klub tans bedrywig is met afrigting,” sê Julian Horne wat passievol is oor dié sport.

“Die klub wil graag dat plaaslike skole in 2018 kan inskryf vir die skole-liga wat in die Baai gehou word.”

Om dit moontlik te maak reik die klub uit na plaaslike sakemense sowel as die gemeenskap om fondsinsamelingprojekte te ondersteun.

“Ons is almal baie toegewyd tot die sport. Ons hoop om deur tafeltennis ’n verskil aan die lewens van jeug in ons omgewing te maak,” sê Horne.

  • Vir meer inligting bel Julian Horne by 072 894 6129, Ruben Horne 072 590 8568 of Marcel Strydom 082 901 4114.

.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As a child or as an adult, have you ever been a victim of bullying?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, at school
55% - 2396 votes
Yes, at work
17% - 742 votes
No, I've never experienced this
28% - 1216 votes
Vote
USD/ZAR
14.27
(-0.1)
GBP/ZAR
19.96
(+0.3)
EUR/ZAR
17.23
(+0.6)
AUD/ZAR
11.14
(+1.0)
JPY/ZAR
0.13
(+0.1)
Gold
1,768.44
(-0.2)
Silver
25.96
(+0.5)
Platinum
1,210.07
(+0.0)
Brent Crude
67.05
(+0.4)
Palladium
2,812.00
(-0.1)
All Share
67,883
(-0.3)
Top 40
62,140
(-0.3)
Financial 15
12,291
(-1.0)
Industrial 25
87,949
(-0.4)
Resource 10
69,862
(+0.1)
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo