Die lemoen-man tussen die peperbome

=Johnson Grootboom, in die lemoenstalletjies langs die Kirkwood-pad.                                Foto:HEILIE COMBRINCK
=Johnson Grootboom, in die lemoenstalletjies langs die Kirkwood-pad. Foto:HEILIE COMBRINCK

As daar nou één man is wat aan jou sal kan bewys dat ’n padstal baie meer oor persoonlikheid gaan as oor die verkoopware, dan is dit oom Johnson Grootboom van die padstal sonder naam langs die R75.

Die haastige motoris op dié pad tussen Port Elizabeth en Graaff-Reinet, sien net die hangende lemoensakke by die padstal tussen die twee afdraaie na Kirkwood maar die motoriste wat wéét, draai af vir bladskud en die groot kleinpraat, want al meer as 40 jaar is oom Johnson daar.

Selfs op Facebook pryk oom Johnson tussen sy lemoene en daar noem baie mense hom Oom William. René Potgieter is een van hulle:“Die pad Vinkfontein toe sal maar net nie dieselfde wees sonder oom William en sy lemoene nie. Hy vra uit hoe gaan dit met die vee, het dit gereën op die plaas en sukkel die wild in die droogte? Hy sê sy lemoene is suikersoet, maar die prys ook, ongelukkig. ”

Ander vertel weer hoe hul ouers hulle vra om William/Johnson te gaan groet wanneer hulle verbygaan of hulle vertel hoe vlymskerp sy geheue is en hoe eensaam hy daar alleen in die padstal moet voel.

Toe gaan soek ons vir oom William/Johnson Grootboom by sy padstal.

’n Hele ent na die eerste afdraai na Kirkwood vra ons maar uit. “O, die Lemoenman tussen die peperbome? Nog net ’n entjie aan…jy kan hom nie miskyk nie!”

En daar kry ons hom, gesels ’n bietjie. Hy bly half vieserig. Later hoor ons dis omdat ons hom “Oom William” noem. “Dis al lank se tyd dat mense my daai naam roep en ek weet nie hoekom nie. Wiliam, William, William. My naam is Johnson. Johnson Grootboom.”

Báie winters en somers is op sy gesig ge-skrywe, tog kan Johnson nie vir jou sê hoe oud hy is nie. Maar hy ken nog al die dokters op Humansdorp – hulle wat hom jare gelede uit sy ‘maagprobleme’ gehelp het.

Kort-kort verswelg die gedreun van ’n vragmotor oom Johnson se stem. “Die mense ry ongeskik op hierdie pad – hier maak hulle mekaar dood,” sug hy, vertel verder hoe daar eens skaars ’n lorrie op dié pad te sien was.

Hy kyk na die padstal se veiligheidshek. Vandag se mense ken ook nie meer respekte nie, sê hy. Net nou die dag het die skelms sy sakkies lemoene op die krat langs die pad gegryp en weggejaag.

Dis dié goed, sê hy, en die stout blouapies wat maak dat hy eerder saam met sy vrou langbeen by die huis wil gaan sit.

Hy wys na ’n klip. “Sien jy daai klip? Ek tel hom net op, dan hol die ape. Hulle weet. Kom spring ook so katjwiee-katjwiee op die dak! Self by my huis Jy dink nog jy slaap, dan katjwiee-katjwiee die ape al.”

Nee, dit is nie sy padstal nie.” Die man van die plaas was nog kwedien (jong seun) toe ek al daar gewerk het. Nou werk ek vir hom.”

Teen die mure is telefoonnommers op verskillende plekke geskryf. “Dis my kinders,” sê oom Johnson, “dis hulle wat die nommers daar geskryf het. Hulle werk in die Baai en in Uitenhage.”

Na die hoeveelste klant wat gery het, kyk oom Johnson lank uit oor die veld. “Hierdie droogte is baie erg. Ek het al baie droogtes hier gesien, maar hierdie een… dis die heel ergste wat ek nog ooit gesien het. Die mense in die stad moet dink aan die boere en die diere…hierdie is baie erg. Dit gaan baie swaar.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As a child or as an adult, have you ever been a victim of bullying?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, at school
55% - 2930 votes
Yes, at work
17% - 903 votes
No, I've never experienced this
27% - 1449 votes
Vote
USD/ZAR
14.30
(+0.1)
GBP/ZAR
19.94
(+0.2)
EUR/ZAR
17.21
(+0.5)
AUD/ZAR
11.04
(+0.1)
JPY/ZAR
0.13
(+0.6)
Gold
1,777.61
(+0.4)
Silver
25.82
(-0.0)
Platinum
1,191.00
(-1.5)
Brent Crude
67.05
(+0.4)
Palladium
2,765.44
(-1.8)
All Share
66,836
(-1.9)
Top 40
61,117
(-1.9)
Financial 15
12,162
(-2.1)
Industrial 25
86,452
(-2.1)
Resource 10
68,586
(-1.7)
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo