Dié winkel is ’n visserman se droom

Marlon George, Extreme Marine Foto:
Marlon George, Extreme Marine Foto:

Hierdie naweek gaan die “grote” nie wegkom by Extreme Marine nie, want ’n visvang-katrol ter waarde van R1 500 moet gewen word.

Dié spogprys is deel van ’n hele klomp pryse wat Saterdag by dié hengel- en boottoebehore winkel in Johnstraat 33 op Uitenhage gewen gaan word (indien R500 of meer spandeer). Extreme Marine se vierde bestaansjaar word eerskomende naweek gevier en visvangers, hengelaars en die publiek word uitgenooi om ’n draai by die opgeknapte winkel te maak.

Eienaar Marlon George sê, Extreme Marine spesialiseer hoofsaaklik in visvangtoerusting vir soutwater, maar hulle varswaterreeks is aansienlik uitgebrei. Daar is ’n wye verskeidenheid van items om visse van alle soorte en grotes te vang, sowel as basiese boottoerusting. Hy word bygestaan deur sy vrou Johanna wat die rekeninge hanteer en twee verkoopsmanne Dwain en Darryl.

Dit is vir Marlon belangrik dat kliënte tevrede by sy winkel uitstap.

“As ’n visserman iets soek wat ons nie het nie, sal ons moeite doen om dit te kry. Dit is onmoontlik om alles in voorraad te hou, maar een ding wat ons wel wil hou is ons kliënte se tevredenheid.”

Hy sê hengel is ’n sport met baie meer deelnemers as rugby en krieket saam.

“’n Mens hoef nie vinnig, fiks, lank of kort te wees nie. Om te hengel vra net om te ontspan in die buitelug, die regte aas te hê en jou vislyn dop te hou.”

Verskeie items sal môre en Saterdag teen bekostigbare afslagpryse aangebied word. Die gelukkige pryse sal net Saterdag te wen wees.

Extreme Marine beskik oor die regte “aas” vir ’n wenresep: kwaliteit produkte, verskoopsmanne wat weet waarvan hulle praat, professionele diens en ’n mooi winkel.

Extreme Marine bedank al die vissermanne en hengelaars van die plaaslike visvang- en hengelklubs vir hulle ondersteuning die afgelope jare. Die winkel is Vrydag oop tot 17:00 en Saterdag tot 14:00.

Navrae: 041 922 4820 of

mgextrememarine@gmail.com

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Is social media doing more harm than good?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, our children are exposed and we can't protect them
49% - 5992 votes
Yes, but social media is part of the new reality
45% - 5502 votes
No, it's great for growing a child's world view
5% - 633 votes
Vote
Rand - Dollar
14.19
-0.4%
Rand - Pound
19.88
-0.1%
Rand - Euro
17.12
-0.3%
Rand - Aus dollar
10.92
+0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.5%
Gold
1,811.10
-0.2%
Silver
26.78
-0.8%
Palladium
2,838.00
-0.8%
Platinum
1,203.00
-0.9%
Brent Crude
69.32
+1.1%
Top 40
59,667
-3.0%
All Share
65,375
-3.0%
Resource 10
68,446
-4.5%
Industrial 25
81,762
-2.4%
Financial 15
12,441
-1.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo