
Zander Grassman van HTS Daniel Pienaar het tydens die SA Boogskietkampioenskappe in Witbank ’n silwermedalje gewen. Hy het in die 2D kolskoot vir matriekseuns ’n uitstekende telling van 292/300 geskiet. Dit is sy persoonlike beste en daarmee ewenaar hy die DP sowel as Kwagga Boogskietklub se rekord. Zander beoog om ’n boogskiet-instrukteurskursus te voltooi om met afrigting te help. Sy ander mikpunt is om kurfboogskiet, die oudste boogvorm wat tydens die Olimpiese en Paralimpiese Spele gebruik word, te bemeester. Foto:VERSKAF
DP se bakgat boogskut