Vanjaar se Angora MTB Classic op Jansenville bied goeie pryse en ‘n besondere roete.
Die bergfietswedrenne word op 3 September aangebied en volgens fietsryers wat verlede jaar deelgenem het, is die roete uniek en uitdagend. Daar is ook ’n hardloop/stap wedloop.
Met SAMIL as hoofborg en 31 ander borge beloof die byeenkoms groot pryse en prysgeld aan die deelnemers. Inskrywings van sover as Kaapstad en Bloemfontein is reeds ontvang.
Die fietsryroetes strek oor 65km en 25km terwyl die hardloop/stap wedlope oor 21km, 10km en 5km strek.
- Vir verdere navrae kan Leoné Mulder by 083 663 3002 of huiswelverdiend@telkomsa.net gekontak word.