
Funky Monkeys speelplek is ’n kind se droom en ouers se ideaal.
Hier kan die kleinspan binne-en-buite klim, klouter, swaai en gly onder toesig terwyl pa en ma winkels toe gaan of ’n funksie bywoon.
Dié speelplek in Du Toitstraat op Despatch is volledig ingerig nadat Susan Britz (voorheen van Speelgoedland) en Karen Knickelbein die behoefte gesien het vir ’n veilige plek waar kinders onder toesig kan speel én waar kinderpartytjies gehou kan word.
Binne is daar genoeg speelgoed om ’n kind lank besig te hou, veral as die weer sleg is en buitespeel uit is. Buite is daar ’n springkasteel, waterglybaan en nog ’n klomp speelgoed waar die kinders hulself poegaai kan speel.
Karen het eers ’n kinderpartjie-besigheid by haar huis gehad, maar sy sê, “dit het tyd geword om groter te gaan.”
Partytjies & nasorg
Funky Monkeys het verskeie partytjie- pakette en kan tot 60 kinders akkommodeer. Spyseniering en versiering met enige tema, is uit-en-uit om kinders te bederf en word deur Funky Monkeys self gedoen. Verjaardagkoeke word nie hier gebak nie, maar wel kolwyntjies sowel as skinkbord- en ligte etes.
Ouers is welkom om in kafeteria-styl daar te ontspan of sport op grootskerm te geniet terwyl die kinders speel. Daar is selfs Wi-Fi en netwerkpunte vir skootrekenaars indien ouers wil werk terwyl die kinders speel.
Funky Monkeys het ’n ooreenkoms met Blou Ballon dat ouers wat daar konserte bywoon hul kinders by die speelplek kan aflaai waar daar na hulle omgesien sal word.
Selfs tydens die Kirkwood Wildsfees sal die speelplek ook omsien na kinders wie se ouers die fees bywoon.
Funky Monkeys bied nasorg aan in ’n addisionele kamer vir kinders tussen die ouderdomme 3 tot 10 jaar.
Speeltyd
Funky Monkeys is weeksdae oop van 09:00 tot 17:00; Saterdae 09:00 - 15:00 en elke tweede Sondag. Tariewe per kind geld per uur.
Navrae : Karen of Susan 041 933 1622 of 084 391 9524. Gaan loer ook na Funky Monkeys op Facebook.