KRAGGA Kamma Voortrekkerkommando hou hul jaarlikse kermis in samewerking met die FAK, Cantando@Algoa en Akademia op 19 Oktober by Broadwaylaan in Sunridgepark.
Dokter Rina Venter, skrywer van “‘n Stukkie van die Legkaart” se e-boekbe-kendstelling vind ook plaas vanaf 09:30 in die teetuin.
Vanaf 10:30 tot 12:00 gaan ou be-kende FAK-liedjies gesing word terwyl ‘n regte-egte opvou-bare traporreltjie, saag en trekklavier ingespan gaan word om die musiek te maak.
Ander aktiwiteit van die dag sluit in kettie-skiet, vyf groot springkasteel-variasies, kindertattoëring, diereballonne, ‘n treintjie, verfbal- skiet, trapkarre en heelwat ander vermaak.
’n Verskeidenheid tradisionele eetgoed soos pannekoek, boepensbroodjies (jaffels), worsrolle en natuurlik boeretroos moerkoffie sal ook beskikbaar wees.