Kinders en selfone: weet van die gevare

’n Seminaar oor die gevare van selfone by kinders word deur Laerskole Frans Conradie en Susannah Fourie op Despatch aangebied as ’n Gesamentlike Dorpsaksie met die welbekende motiveringspeker dr. Johan Smith as spreker. Foto: TER ILLUSTRASIE
’n Seminaar oor die gevare van selfone by kinders word deur Laerskole Frans Conradie en Susannah Fourie op Despatch aangebied as ’n Gesamentlike Dorpsaksie met die welbekende motiveringspeker dr. Johan Smith as spreker. Foto: TER ILLUSTRASIE

SLANGE, die donker, inspuitings, donderweer ... is ’n paar “ou” bang-wees-dinge vir kinders. Nou is daar ’n nuwe bang-wees-ding en dié vrees word nomofobie genoem.

Nomofobie is die vrees om sonder jou sel-foon te wees en gevolglik nie kontak met ander te kan hê nie.

Geen wonder dan dat tieners wat nie sonder hulle selfone kan leef nie, dieselfde neig-ings toon as mense met ’n dwelm- of afhanklikheidsprobleem.

Dit is aldus navorsing deur die jeugnavors-ings-eenheid van die buro van marknavors-ing binne die departement van ekonomiese- en bestuurswetenskappe aan Unisa, wat bepaal het dat oormatige selfoongebruik deur tieners tussen die ouderdomme 12 en 18 jaar ’n sosiale probleem is.

Prof. Deon Tustin het in dié navorsing bepaal dat oormatige selfoongebruik by tieners, het ’n emosionele impak op hulle psige en veroorsaak onder meer, “konflik met vriende, sosiale isolasie, slaapversteuning, spyt dat teksboodskappe gestuur is en blootstelling aan pornografie.”

Weet wat is selfoon-gevare

’n Seminaar oor die gevare van selfone by kinders word eersdaags deur Laerskole Frans Conradie en Susannah Fourie op Despatch aangebied, as ’n Gesamentlike Dorpsaksie met die welbekende motiveringspreker en outeur dr. Johan Smith as spreker.

Dr. Smith gaan praat oor die gevare van selfone, sosiale media, waardes en die invloed daarvan op kinders en ouers.

“Ouers is onbewus wat op hulle kinders se selfone aangaan. Kinders word daagliks aan ’n magdom inligting blootgestel en pornografie is deel daarvan,” het dr. Smith tydens ’n vorige seminaar gesê.

Suid-Afrikaanse kinders word gemiddeld op die ouderdom van 11 op selfone blootge-stel aan erge pornografie. Ander selfoon- gevare in skole is kuberboelies en seksboodskappe.

Dr. Smith sê ouers moet bewus wees van selfoongevare en ’n goeie voorbeeld vir hulle kinders stel. Om jouself op sosiale media reg uit te leef verg ’n gesonde verstand en basiese begrip oor wat reg en verkeerd is.

Emma Sadleir, regskenner oor sosiale media, het gesê die belangrikste om te onthou is dat jy nooit dit wat geplaas is weer heeltemal kan uitwis nie.

So, kinders moet dink wat hulle op hul selfone deel, “As jou ma nie daarvan hou nie, moet dit nie doen nie en moet dit nie plaas nie.”

  • Die seminaar word op 25 September om 18:30 in die Ernst Swanepoelsaal op Despatch aangebied. Toegang is gratis en ouers en hulle kinders word uitgenooi om dit by te woon.
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Until the matric exams are over, my family is:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Self-isolating to ensure we don't miss any exams
13% - 174 votes
Following Covid-19 safety protocols, but still going out like normal
54% - 739 votes
Business as usual, we're not worried about the virus
33% - 454 votes
Vote
ZAR/USD
16.23
(+0.67)
ZAR/GBP
21.02
(+0.59)
ZAR/EUR
18.90
(+1.01)
ZAR/AUD
11.40
(+0.88)
ZAR/JPY
0.16
(+0.82)
Gold
1877.90
(+0.05)
Silver
23.62
(+0.11)
Platinum
844.50
(+0.39)
Brent Crude
37.86
(-0.84)
Palladium
2204.58
(+0.60)
All Share
51684.70
(-0.41)
Top 40
47472.92
(-0.22)
Financial 15
9459.76
(-3.04)
Industrial 25
73439.58
(+1.04)
Resource 10
47245.91
(-1.21)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo