Koffie, koekies en kragtige karre

=Die twee kragtige Cobra sportmotors wat Saterdag by die jaarlikse Cars & Coffee motorskou in Noordeinde te sien is.    Foto:VERSKAF
=Die twee kragtige Cobra sportmotors wat Saterdag by die jaarlikse Cars & Coffee motorskou in Noordeinde te sien is. Foto:VERSKAF

n COBRA wat met 300 perde se krag onder sy enjinkap ’n kwartmyl binne sekondes kafdraf, is een van die karre wat Saterdag by die jaarlikse “karre, koffie en koekies” uitstalling in Noordeinde te sien is.

Dit is een van twee Cobras wat dekades gelede deur motorentoesias Leon Laubscher gebou is. Beide sy Cobra sportmotors sal te sien wees by Speedyquip se Cars & Coffee motorskou.

Hier is nie net die koffie en koekies gratis nie, maar ook deelname van motorentoesiaste om hulle nuwe, ou, veteraan, eksotiese of opgeboude motors uit te stal.

Laubscher se twee Cobras behoort nou aan sy twee seuns, Jaco en Leon (junior), beide van die Baai.

Jaco se Cobra is 27 jaar gelede deur sy pa gebou en die bakwerk-pakket is gekoop by Shamrock Marine in Kaapstad.

Onder dié enjinkap is daar ’n kragtige V8 Cleveland 351 wat ’n C4 outomatiese ratkas aandryf en 280 perdekrag lewer wat maak dat daar binne 13.7 sekondes met ’n kwartmyl afgereken word.

Leon se Cobra is 15 jaar gelede deur sy pa, Leon senior gebou. Dit is die een met 300 perdekrag wat uit ’n 351 Windsor-enjin kom.

Beide Cobras is gewilde karre by motorskoue en is ook gesog vir matriekafskeide en flambojante funksies.

Die Cars & Coffee motorskou word Saterdag, 3 Augustus by Prins Albertweg in Noordeinde gehou vanaf 08:00 tot 12:00.

Almal is welkom om ’n beker koffie en koekies te kom geniet terwyl daar na mooi, kragtige, snaakse en vinnige karre gekyk word.

  • Vir meer inligting bel Derek by 082 825 0811 of Jerome 082 653 6579.
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
Who do you think is going to win the 2020 US election?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Biden is going to take it
46% - 4738 votes
It's four more years for Trump
54% - 5639 votes
Vote
ZAR/USD
16.52
(-0.11)
ZAR/GBP
21.39
(-0.23)
ZAR/EUR
19.45
(-0.53)
ZAR/AUD
11.68
(+0.29)
ZAR/JPY
0.16
(-0.06)
Gold
1903.13
(+0.15)
Silver
24.36
(+0.65)
Platinum
857.00
(-0.58)
Brent Crude
43.03
(0.00)
Palladium
2329.73
(+0.90)
All Share
55161.03
(+0.21)
Top 40
50741.94
(+0.09)
Financial 15
9977.80
(+3.10)
Industrial 25
74762.95
(-0.61)
Resource 10
54129.95
(-0.07)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo