Koorleier glo musiek laat kinders van lewe se ‘vals note’ vergeet

=Hier wys Venita van Wyk, stigter van die Noordelike gebiede se organisasie vir skool- kore, leerders hoe om hul vingers op die maat van musiek te klap.  Foto: DEON FERREIRA
=Hier wys Venita van Wyk, stigter van die Noordelike gebiede se organisasie vir skool- kore, leerders hoe om hul vingers op die maat van musiek te klap. Foto: DEON FERREIRA

Sy is ’n ma, onderwyseres, maar koorsang bly maar haar voorste passie.

“Ek het in ’n musikale familie grootgeword, waar my oupa aan moederskant in Loerie viool gespeel het, my ouma gesing het en my ma en tannies ook deel van die kerkkoor was,” vertel sy. “Só het ek met die kerksingery grootgeword. In ons kerk in Bloemendal, waar ek ook grootgeword het, was my ma die junior koorleier en was koorsang onlosmaaklik deel van my lewe.’’

Van Wyk self het in haar matriekjaar koorleier in die Congregational Kerk in Chatty in die Baai geword. “Ek het die normale tienerlewe vaarwel toegeroep. Dit was koor in die oggend, koor in die middag en koor in die aand,’’ spot sy.

Dié ma van drie het seker gemaak dat sy lewe blaas in elke skoolkoor waarby sy betrokke was. By die Laerskool Hantam in die Noord-Kaap asook die Despatch Primêre Skool in die Oos-Kaap, waar sy tot onlangs nog onderwyseres was, is talle kinderstemme juis deur haar vernuf ontwikkel.

“ ’n Koor is die hartklop van ’n skool. Musiek laat kinders van die vals note in hul lewens vergeet. Baie kom uit gebroke huise en in die koor kan hulle vir ’n ruk lank van alles vergeet, mooi lyk vir ’n rukkie en aandag en drukkies kry wat hulle normaalweg nie sou kry nie,” vertel sy.

Die Despatch- Primêre skoolkoor het juis onder haar leiding een prys ná die ander ingeryg. Dié koor is ook onder meer sedert 2010 die Oos-Kaapse top-koor in die ATKV Applous-korekompetisie. Haar koordroom het egter nie hiér geëindig nie.

“Terwyl die Hantamkoor oral in Suid-Afrika opgetree het en selfs voor ministers en oudpres. Thabo Mbeki hul stemme ten toon gestel het, het ek bly dink: my eie mense by die huis het my nodig. Bloemendal het my nodig. Só het die Noordelike gebiede se organisasie vir skoolkore (Nasco) tot stand gekom.”

Nasco bestaan uit sowat 310 koorlede van verskeie laer- en hoërskole in die Baai, Uitenhage en Despatch en is juis daar om kinders uit behoeftige gemeenskappe aan koorsang bloot te stel. Talle skoolkoordirigente ontvang ook opleiding onder hul vaandel. Die jongste ontwikkeling is egter die Nasco-sangensemble vir gr. 7-leerders wat as bousteen vir ’n jeugkoor in die noordelike voorstede sal dien.

Hoewel Van Wyk vir eers die klaskamer groet en binnekort ’n pos as verteen- woordiger van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie gaan beklee, klop haar hart steeds warm vir die jeug.

“Ek is steeds ’n onderwyser, maar gaan dinge net uit ’n ander hoek benader. In dié bedryf – uit watter oord ook al – is die welstand en toekoms van ons kinders steeds die belangrikste.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
14% - 402 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
24% - 697 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
63% - 1842 votes
Vote
ZAR/USD
15.17
(-0.02)
ZAR/GBP
20.44
(-0.18)
ZAR/EUR
18.42
(-0.05)
ZAR/AUD
11.28
(-0.01)
ZAR/JPY
0.15
(+0.22)
Gold
1834.56
(-0.29)
Silver
24.11
(+0.36)
Platinum
1058.00
(+3.43)
Brent Crude
48.78
(+0.95)
Palladium
2344.00
(+2.16)
All Share
59419.37
(+0.80)
Top 40
54500.04
(+0.61)
Financial 15
11646.83
(+2.17)
Industrial 25
79758.36
(+0.10)
Resource 10
57015.33
(+0.70)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo