Kwaai juffrou en groen kleursel - deel van wen-resep

=Beulagh Lombard van Despatch (regs), trotse Despatch-wenner van die Spar Creative Cooks-kompetisie, se derde resepteboek is al oppad. Sy spesialiseer veral in ingelegde kosse wat onder die etiket-naam WarmKombuis verkoop word. By haar is haar dogter Nadia Kruger, net so ’n goeie kok. ’n Kunswerk van Nadia se dogter Marli is die kenteken op die Warmkombuis-produkte.  Foto:MARISKA SPOORMAKER
=Beulagh Lombard van Despatch (regs), trotse Despatch-wenner van die Spar Creative Cooks-kompetisie, se derde resepteboek is al oppad. Sy spesialiseer veral in ingelegde kosse wat onder die etiket-naam WarmKombuis verkoop word. By haar is haar dogter Nadia Kruger, net so ’n goeie kok. ’n Kunswerk van Nadia se dogter Marli is die kenteken op die Warmkombuis-produkte. Foto:MARISKA SPOORMAKER

Om by Beulagh Lombard, wenner van die Despatch Superspar se Creative Cooks-kompetisie te kuier, is soos om op ’n bontgeverfde trein vol hoeters, toeters en baie lag te ry.

En jy klim glad nie sonder inspirasie van dié “trein” af nie,, jy wil ook weer die lewe met al sy oppe en awwe gaan omhels.

Dis nou net jammer juffrou Du Preez kan nie Beulagh met haar wenresep én haar resepteboeke meemaak nie. Want dié juffrou, nou al salig, het Beulagh indirek geïnspireer om te bak en te brou dat die biesies bewe.

“Op hoërskool moes ons koeke of koekies bak wat die juffrou vir ’n skou sou instuur. Ek was so trots op die koek wat ek gebak het, maar toe sê juffrou Du Preez my koek se kleursel is te groen, sy het dit maar vir die personeel gevat om te eet. Sy was beledigend, sy het my so uitgetrap, ek het só vernederd gevoel.

“Maar later kom juffrou Timmerman en sy sê vir my die koek was baie lekker, die personeel het dit so geniet.” Beulagh vertel hierdie met lagplooitjies wat nog dieper om haar oë kreukel. “Van toe af het ek besluit om haar verkeerd te bewys. Juffrou Du Preez het my gëinspireer om eendag my stempel af te druk.”

Maar eers het Beulagh hoofsaaklik rondom eie gesin gebak en gekook. “Ons was ’n groot gesin en daar het ek al van jongtyd geleer om grootmaatdisse voor te berei.” Naderhand het dit haar passie geword om altyd nuwe resepte uit te dink en uit te toets.

Al dié ondervinding het handig te pas gekom toe sy later die Tokkelokkie-kleuterskool in Despatch begin en bedryf het. Tot 2015, toe sy die kleuterskool gesluit het, het dié kleuters kookkos vir middagete en ’n laatmiddag peuselhappie by haar gekry.

In Desember 2014 het sy ook nie stilgesit toe sy ’n operasie vir n skouerbesering moes ondergaan nie. “Ek het by die groep Bottel en Bêre aangesluit en ’n goeie vriendekring ge-skep. Ek het my resepte teen die lede getoets en hulle gevra wat dink hulle daarvan.”

Die reaksie was só goed dat Beulagh naderhand haar eie Facebookblad, Warmkombuis, geskep het om haar lekkerte van kosmaak nog verder te kan deel. Intussen het Warmkombuis Kuns en Blommeprag ook bygekom.

Maar hoekom Warmkombuis?

“Alles wat uit Beulagh se kombuis kom, is met warm liefde gemaak, sy het ’n passie daarvoor,” antwoord haar dogter Nadia Kruger nog voor ma ’n woord kon inkry.

Met ons besoek aan haar huis was Nadia juis besig om Beulagh se derde resepteboek klaar te tik. “Ja,” sê Beulagh, “my Kombuisvriende strek oor die hele wêreld… Holland, Amerika, Despatch…”

Maar nou eers terug na die Spar-kompetisie . Sy en die twee ander finaliste moes op daardie betrokke dag in Despatch Superspar gaan kook. Dit kan nogal intimiderend wees om voor ander te kook, maar Beulagh was ontspanne. “Ek dink dis omdat ek party Saterdae my botteltjies ingelegde disse daar verkoop en ook omdat sommige dae net gaan kuier met die mense in die Spar wanneer ek geselskap opsoek.”

Die disse wat aan haar die eerste prys besorg het, is haar mikrogolf Kentucky soos sy dit noem, ingelegde pasta en kerrie pynappel met feta-kaas, in die vorm van harte gesny, bo-op dit.

Paul Barnes, eienaar van die Despatch Superspar, sê die resepte van Beulagh se wendisse gaan nou in Spar se nasionale resepteboek opgeneem word.

“Dit was regtig n goeie idee van Spar om só ‘n kookkompetisie aan te bied waar deelnemers in die winkel moet kom kook. Dit versterk ons gevoel van familie met ons klante,” het Barnes gesê.

  • Besoek Beulagh se Facebookbladsy deur Warmkombuis by die soekstafie in te sleutel en onthou om by die groep aan te sluit indien jy ook deel van haar lekkereet-wêreld wil word of enige van haar resepteboeke wil be-stel.
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As a child or as an adult, have you ever been a victim of bullying?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, at school
54% - 1151 votes
Yes, at work
17% - 370 votes
No, I've never experienced this
29% - 620 votes
Vote
USD/ZAR
14.22
(-0.8)
GBP/ZAR
19.73
(-0.5)
EUR/ZAR
17.08
(-0.4)
AUD/ZAR
11.03
(-0.4)
JPY/ZAR
0.13
(-0.3)
Gold
1,783.91
(+0.4)
Silver
25.99
(+0.1)
Platinum
1,217.50
(+1.1)
Brent Crude
66.77
(-0.3)
Palladium
2,791.52
(+0.4)
All Share
68,484
(-0.3)
Top 40
62,660
(-0.4)
Financial 15
12,414
(-0.3)
Industrial 25
88,739
(-0.7)
Resource 10
70,315
(-0.1)
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo