Natuur kán sonder mens oorleef

;Mark Marshall, omgewings-man en slangkenner, saam met sy seun Nathan (9) en twee luislange. Nathan, ’n leerling aan Grey in Port Elizabeth, is net so lief vir slange soos sy pa. Marshall lewer gereeld praatjies by skole om ’n groter bewusheid te kweek.          Foto: ETHNE BROUARD
;Mark Marshall, omgewings-man en slangkenner, saam met sy seun Nathan (9) en twee luislange. Nathan, ’n leerling aan Grey in Port Elizabeth, is net so lief vir slange soos sy pa. Marshall lewer gereeld praatjies by skole om ’n groter bewusheid te kweek. Foto: ETHNE BROUARD

ONKUNDE oor diere en hul maniere, asook bangmaakpraatjies wat vrees vir iets soos ’n slang, spinnekop of hond inboesem, veroorsaak dat heeltemal te veel diere deur mense seer- of doodgemaak word.

Kyk maar net hoeveel mense wil sommer dadelik ’n spinnekop in die huis of ’n slang op die agterstoep doodmaak.

Hoe meer ’n mens van die natuur – dit is die plante, diere, wilde diere én mariene lewe –verstaan, hoe meer sal jy agterkom dat jy moet help om alles te beskerm, want waar noodsaaklike skakels uit die natuur verdwyn, daar begin peste en plae, selfs hongersnood.

Die natuur (fauna en flora) kan sonder die mens oorleef, maar die mens kan nie sonder die natuur oorleef nie, waarsku al hoe meer natuurkenners noudat die aarde se natuur-like bronne so vinnig agteruitgaan en selfs uitgeput word.

Die ligpunt in dié donker omgewingsprentjie is dat daar natuurkenners is wat na die kinders gaan en hulle van die belangrikheid van omgewingsbewaring vertel.

Ook hoe jy moet optree wanneer jy vreemde diere of reptiele raakloop. Een van dié mense is Mark Marshall van Port Elizabeth, wat die afgelope 11 jaar natuurpraatjies en demonstrasies by skole aanbied.

Eerstens kom praat hy oor slange en bring dan ’n paar van sy “seilende” vriende saam.

Hieroor het Alexandra Hendricks op sy Facebook-blad geskryf: “Jy het ons persepsie van slange heeltemal verander! My kinders praat nou graag oor slange en deel hul kennis met hul families – dit alles te danke aan jou!”

Marshall lewer gemiddeld twee keer per week slangpraatjies by skole.

“Die kinders is heeltemal gek hieroor,” sê hy. “In my praatjies verduidelik ek die onderskeie slange se gedrag en ek wys die slange aan hulle. Dit wissel van die klein bruin huisslang, die luislang en soms ook kobras.

Verder bied hy as deel van sy Sandula Kids-program een natuurwerksessie per week per jaar aan by skole wat natuurbegrip en -waardering as ’n buitemuurse aktiwiteit aanbied.

“Daar is al baie skole wat dit al as buitemuurse aktiwiteit aanbied,” sê Marshall.

  • Belangstellendes kan Marshall kontak by 082 261 9280 of sandulaconservation-@gmail.com
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When a Covid-19 vaccine for under 16's becomes available, will you be taking your children to get it?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, immediately!
37% - 2425 votes
I'll wait to see how others respond
26% - 1744 votes
No, I don't think they need it
37% - 2425 votes
Vote
ZAR/USD
15.09
(-0.16)
ZAR/GBP
21.02
(-0.23)
ZAR/EUR
18.22
(-0.19)
ZAR/AUD
11.62
(-0.25)
ZAR/JPY
0.14
(-0.54)
Gold
1734.50
(+0.02)
Silver
26.67
(+0.05)
Platinum
1186.51
(+0.42)
Brent Crude
64.40
(-2.56)
Palladium
2310.00
(+0.58)
All Share
66138.05
(-1.99)
Top 40
60754.30
(-2.11)
Financial 15
12200.05
(-1.09)
Industrial 25
86144.34
(-0.81)
Resource 10
67459.85
(-4.14)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo