Nooddiens red seun (2) se lewe

=Op die pad na herstel. Van links is die seuntjie se ouma Patricia Claassen, dr. Nelson Alves (hoof ondernemingsbestuurder van ER Consulting Inc.) met Stefan Els en Eleanor Wicomb en Maria van der Merwe beide geregistreerde verpleegsters by Netcare Cuyler Hospitaal.        Foto:VERSKAF
=Op die pad na herstel. Van links is die seuntjie se ouma Patricia Claassen, dr. Nelson Alves (hoof ondernemingsbestuurder van ER Consulting Inc.) met Stefan Els en Eleanor Wicomb en Maria van der Merwe beide geregistreerde verpleegsters by Netcare Cuyler Hospitaal. Foto:VERSKAF

Toe Patricia Claassen op 1 Augustus met die slap lewelose lyfie van haar kleinseun by die hospitaal se nooddienste departement inhardloop nadat hy aan ‘n stukkie hoender verstik het, het sy die ergste verwag.

Dit was die openingsdag van die nuwe, 24-uur nooddienste departement by Netcare Cuyler Hospitaal.

Die fasiliteit met gevorderde mediese toe-rusting is opgerig om die gemeenskap van Uitenhage, Despatch en die omliggende streek te bedien en word beman deur opgeleide mediese en verpleegpersoneel.

“Ons het daardie oggend ons deure oopgemaak en daar was tot op daardie stadium net pasiënte met geringe en matige beserings,” vertel dr. Marné Page, hoof kliniese bestuurder van die praktyk.

“Stefan was die eerste kritieke pasiënt wat ingekom het. Toe sy ouma hom inbring het hy geen hartklop of pols gehad nie en sy pupille was vergroot. Hy was streng gesproke dood,” sê Dr Page.

“Ons het dadelik sy lugweg ondersoek, die obstruksie verwyder en begin met kardio-pulmonêre resussitasie (KPR),” verduidelik hy.

Dr. Nelson Alves, hoof ondernemingsbestuurder van die praktyk was ook byderhand en het gehelp om die klein seuntjie weer by te bring.

“Na ongeveer vyf minute van KPR het Stefan begin snak na sy asem en sy oë het weer normaalweg begin reageer op lig en beweging,” sê Dr. Alves.

Nadat hy gestabiliseer is, is hy opgeneem in die pediatriese intensiewesorgeenheid vir verdere behandeling.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When planning for the Black Friday sales do you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Save, research and plan ahead, preparing to make the most of it?
7% - 990 votes
Wait and see what looks like a good deal on the day?
14% - 1880 votes
Have no interest in spending more money this year?
79% - 10592 votes
Vote
ZAR/USD
15.15
(+0.22)
ZAR/GBP
20.29
(+0.11)
ZAR/EUR
18.09
(+0.12)
ZAR/AUD
11.19
(-0.03)
ZAR/JPY
0.15
(-0.06)
Gold
1810.33
(+0.07)
Silver
23.24
(+0.26)
Platinum
953.00
(-0.55)
Brent Crude
47.75
(-1.52)
Palladium
2381.00
(+1.10)
All Share
57923.69
(+0.31)
Top 40
53084.13
(+0.27)
Financial 15
11645.28
(+0.04)
Industrial 25
79993.34
(+0.20)
Resource 10
52790.93
(+0.35)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo