Petrolprys: Die grootste styging nóg

Die styging in die brandstofpryse is deel van ’n bose siklus. Dit kan die prys van alle produkte - van kos tot motors - opdruk.          foto:verskaf
Die styging in die brandstofpryse is deel van ’n bose siklus. Dit kan die prys van alle produkte - van kos tot motors - opdruk. foto:verskaf

PETROL is vanaf gister - vir die eerste keer nóg - duurder as R17 per liter vir binnelandse motoriste.

Dit kom nadat die grootste styging in die petrolprys sedert April 2015 deur die Sentrale Energiefonds aangekondig is.

Die 95-oktaan-petrol het met R1 per liter gestyg, wat 95-oktaan-petrol in die binneland op R17,08 te staan bring.

Aan die kus kos petrol nou R16,49 per liter. Die 93-oktaan-petrol is 99c per liter duurder.

Die slag vir dieselgebruikers is selfs groter. Diesel is nou R1,24 per liter duurder. Die groothandelprys van diesel het met tot R15.65 gestyg in die binneland en R15,16 aan die kus. Die kleinhandelprys van diesel word nie gereguleer nie.

Gas het met R1,79 per kilogram gestyg en paraffien met R1,39 per liter.

Die stygings beteken die Sentrale Energiefonds het nie die subsidie wat hy in September geabsorbeer het, die maand van motoriste verhaal nie. Dit bly ’n ope vraag wanneer motoriste dié pyn gaan voel.

Hoe gemaak om begroting te laat klop?

Motoriste wat hul begroting wil laat klop, moet tussen 6% (binneland) en 6,5% (kus) meer vir petrol begroot en tussen 8,6% binneland en 9% (kus) meer vir diesel.

Dis nou as hulle dieselfde afstand gaan ry in Oktober as in September en nie dalk die langpad gevat het oor die skoolvakansie, wat Vrydag begin het, nie.

Anders gestel, as jy elke maand 200 liter brandstof gebruik - min of meer wat jy nodig het om elke dag 20km werk toe en terug te ry - gaan jy R200 meer in jou begroting moet vind vir petrol, of R248 meer vir diesel.

Styging deel van bose siklus

Die styging in die brandstofpryse is deel van ’n bose siklus. Dit kan die prys van alle produkte - van kos tot motors - opdruk omdat padvervoer die manier is waardeur dié produkte op winkelrakke of in vertoon- lokale kom.

Dit laat die algemene inflasie-koers styg, wat op sy beurt kan meebring dat die Reserwebank vroeër eerder as later die rentekoers verhoog.

Sommige ontleders verwag dat die rentekoers reeds in November gaan styg.

Die rede vir die skerp styging in Oktober is byna gelykop verdeel tussen die twee faktore wat Suid- Afrikaanse brandstofpryse bepaal - die rand-dollar wisselkoers en internasionale oliepryse.

  • Vir petrol is die rand verant-woordelik vir 49c van die styging en vir diesel 51c per liter. In die oorsigmaand vir Oktober was die rand gemiddeld R14,79 werd, teenoor R13,94 in die oorsigmaand vir September se pryse.
  • Hoër internasionale oliepryse is verantwoordelik vir 51c per liter vir petrol en 49c vir diesel. Die prys vir Brent-ruolie het die afgelope week vir die eerste keer sedert November 2014 to bo $80 per vat gestyg en pessimistiese ontleders voorspel dat dit voor Kersfees of minstens vroeg in 2019 tot meer as $100 per liter gaan styg.
  • Tot dusver in 2018 is petrol R2,32 per liter duurder in die binneland en R2,22 aan die kus.
  • Diesel is R2,69 per liter duurder in die binneland en R2.59 aan die kus.
  • Paraffien is to R1,92 per liter duurder vir die jaar.
  • Gas is tot R3,17 per kilogram duurder vir die jaar.
We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
When assisting your child with remote learning this year, did you:
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Follow the school's comprehensive sexuality education (CSE) curriculum?
13% - 152 votes
Adjust the CSE curriculum to suit the family's morals?
23% - 285 votes
Ignore the schools CSE programme and do your own teaching?
64% - 779 votes
Vote
ZAR/USD
15.27
(-0.23)
ZAR/GBP
20.37
(-0.32)
ZAR/EUR
18.29
(-0.33)
ZAR/AUD
11.27
(-0.04)
ZAR/JPY
0.15
(-0.15)
Gold
1879.30
(+5.22)
Silver
22.25
(-1.65)
Platinum
960.00
(-0.31)
Brent Crude
48.03
(0.00)
Palladium
2383.36
(-1.18)
All Share
57280.18
(-0.94)
Top 40
52501.17
(-0.98)
Financial 15
11314.40
(-2.27)
Industrial 25
79131.31
(-0.96)
Resource 10
52614.43
(-0.36)
All JSE data delayed by at least 15 minutes morningstar logo