Polisie soek rower wat met geld laat spat

=Die VW Caddy is verlede week in KwaNobuhle gekaap en Maandag in ’n rooftog van R400 000 in Uitenhage gebruik. Die eienaar van die VW Amarok het in ’n poging om die rowers te stuit die Caddy trompop gestamp.                          FOTO: VERSKAF
=Die VW Caddy is verlede week in KwaNobuhle gekaap en Maandag in ’n rooftog van R400 000 in Uitenhage gebruik. Die eienaar van die VW Amarok het in ’n poging om die rowers te stuit die Caddy trompop gestamp. FOTO: VERSKAF

Die polisie in Uitenhage is op soek na ’n rower wat met bykans ’n halfmiljoen rand gevlug het.

’n Inwoner van die dorp het gisteroggend die rower, wat glo met die R400 000 in ’n sak vlug, op beeldmateriaal vasgevang.

Die video is intussen gelaai op Atlas Security se Facebook-blad, waar inwoners hul skok oor die voorval “helder oordag” uitgespreek het.

Die rower het glo om 11:15 toegeslaan toe ’n man (54) by ’n bank in Caledonstraat uitstap.

“Die rower het die slagoffer genader en met ’n vuurwapen gedreig,” sê kaptein Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder.

Die geldsak is uit die man se hande gegryp en die rower het daarmee laat spaander. Die rower het na ’n Volkswagen Caddy, wat aswegkommotor gebruik is, oorkant die pad gehardloop. Daar het die slagoffer se seun in ’n Volkswagen Amarok-bakkie in dieselfde parkeerterrein gesit en wag.

Die seun het gesien hoe die rower vlug en dadelik sy bakkie aangeskakel en vet gegee. Maar hy was nie van plan om die rower agterna te sit nie en hy het eerder besluit om teen die Caddy vas te ry om hom in die parkeerterrein vas te keer.

Die rower het egter vinnig uitgespring en in ’n rooi Volkswagen Polo-motor, wat oorkant die pad gewag het, gespring en weggejaag.

Monty Montgomery, bedryfshoof van Atlas Security, sê hul beamptes was spoedig op die toneel om die gebied saam met die polisie vir die rooi Polo te fynkam.

Swart sê die polisie ondersoek ook alle moontlike leidrade om ’n deurbraak te maak.

Volgens Swart is dié Caddy-motor wat as wegkommotor gebruik is, verlede week op Dinsdag, 5 September, in KwaNobuhle as gekaap by die polisie aangemeld.

Sy het weer die gemeenskap en sakelui gewaarsku om alternatiewe reëlings te tref wanneer hulle geld vervoer.

We live in a world where facts and fiction get blurred
In times of uncertainty you need journalism you can trust. For only R75 per month, you have access to a world of in-depth analyses, investigative journalism, top opinions and a range of features. Journalism strengthens democracy. Invest in the future today.
Subscribe to News24
Lockdown For
DAYS
HRS
MINS
Voting Booth
As a child or as an adult, have you ever been a victim of bullying?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, at school
52% - 534 votes
Yes, at work
16% - 168 votes
No, I've never experienced this
32% - 324 votes
Vote
USD/ZAR
14.31
(0.0)
GBP/ZAR
19.81
(0.0)
EUR/ZAR
17.15
(0.0)
AUD/ZAR
11.07
(0.0)
JPY/ZAR
0.13
(0.0)
Gold
1,776.67
(0.0)
Silver
25.97
(0.0)
Platinum
1,203.79
(0.0)
Brent Crude
66.77
(-0.3)
Palladium
2,781.00
(0.0)
All Share
68,699
(+1.3)
Top 40
62,898
(+1.3)
Financial 15
12,446
(+0.8)
Industrial 25
89,364
(+0.8)
Resource 10
70,350
(+2.2)
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo