Volkswagen Amateur Atletiekklub se jaarlikse padwedloop in Uitenhage word op 27 Augustus gehou.
Vanjaar word ‘n splinternuwe roete bekendgestel en beide die 10km (07:00) en 5km (07:15) sal by die Volkswagen PeoplePavilion wegspring. Die 10km roete maak hierdie keer ’n draai op Volkswagen se toetsbaan!
Daar word ook ’n markdag by die PeoplePavilion sportveld gehou. Inskrywingsvorms is by sportwinkels beskikbaar en inskrywings kan die oggend van die wedloop by die PeoplePavilion gedoen word.
- Vir meer inligting bel Erika 082 479 5802.